MAALVLEIS EN PAP TERT


MAALVLEIS EN PAP TERT
Bron: My vriendin -Sarie Labuschagne
Foto: Sarie Labuschagne
FOOD LOVERS RECIPES
1 Klein potjie pap klaar gemaak
250 ml plein jogurt
1 groot uie
250 ml sampioene
1 blikkie room mielies
1 groot groen soetrissie
4 tamaties gekap
blatjang na smaak
BBQ sous na smaak
Baie gerasperde kaas
Maalvleis hoeveelheid eie keuse
Braai uie, tamaties, sampioene en soetrissie in olie.
Voeg die maalvleis by en braai tot gaar, plaas al die ander groente, souse en jogurt by.
Meng goed, plaas ‘n lagie pap in gesmeerde glas bak. Dan kaas lagie, dan vleis lagie. Herhaal tot alles klaar is. Laaste laag kaas, bak tot kaas gesmelt het. Onthou alles is gaar bedien met n slaai.









