

ERIKA SE PAPTERT
olie
botter
1½ beker water
krummelpap meel (ek het whitestar gebruik in grys pakkie)
1 houertjie room
1 pakkie potato bake
Roast Vegetable pasta sous
1 klein blikkie chakalaka met mielies
kaas, gerasper
2 uie, opgesny
tiemie
Om pap te maak, kook die water in swaarboom kastrol. Sodra kook, draai plaat af tot op laagste. Gooi knypie sout in en twee koppies pap (krummelpap meel). Meng deur om krummels te vorm. Sit deksel op en roer elke 10 – 15 minute. Prut so vir ongeveer 50 min.
In ‘n pannetjie, gooi bietjie olie en botter en braai twee opgesnyde uie daarin tot bruinerig. Kan ook bietjie tiemie bygooi.
Plaas gaar krummelpap in ‘n oondvaste bak. Meng dan die gebraaide uie, chakalaka en pasta sous volgende by die krummelpap. Meng goed deur.
Maak nou die potato bake aan met die room en gooi dit bo-oor die krummelpap mengsel.
Laaste gooi gerasperde kaas oor na smaak.
Bak in oond by 180°C tot potato bake gestol het.
Resep en foto: Erika Foot







geskuif