BOSNISE PITA GEVUL MET KAAS
Bron en reeks foto’s – Susan Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
Hulle noem dit ook Burek.
Deeg:
550 g koekmeel
10 g sout
300 ml louwater
50 ml olie
Knie totdat jy ‘n mooi deeg het.
Lê die deeg uit op ‘n lap wat met meel besprinkel is. Smeer die bokant met olie in.
Sorg dat jou hande goed glad is met olie en begin vanuit die middel om die deeg te rek. So groot as wat jy kan. As daar klein gaatjies inkom is dit nie te erg. Maar probeer dit vermy. Anders kan jy ‘n stukkie deeg inlê van dit wat jy nie gebruik nie. Continue reading














