Dis vir my moeilik om `n resep te gee, maar sal probeer, my mielies en bone kom ook nooit dieselfde uit nie en kook altyd te veel! Samp(stampmielies) is soos rys, ‘n bietjie word baie en die droë mielies moet verkieslik oornag week in water, asook die “sugarbeans”.
Ek vervang die “sugarbeans” met ‘n blikkie “baked beans” waarvan ek die tamatiesous goed afspoel (my gestel hanteer sugarbeans ‘n bietjie violently !!). Kook die mielies die volgende oggend in vars water tot sag en spoel die stysel uit.
Voeg weer water en sout by en kook verder tot dit so sag is soos verkies. Hou eenkant.
Kook “sugarbeans” (wat ook oornag in water geweek het) sag, spoel af en kook weer verder vir ‘n ruk en spoel weer af, hou eenkant. Ek verkies om lam flank, nek en ribbetjie te gebruik en kook daarvan ‘n lekker geurige stew(bredie), met wortel en aartappels by.
Ek gebruik graag roosmaryn, tiemie en knoffel as geurmiddels en sout en peper. Ek het ‘n rissie by die bredie gesit die keer en dit was heerlik ! Die bredie moet lekker souserig wees. Wanneer alles gaar is, skep alles bymekaar en meng goed deur, kook alles saam vir nog ‘n paar minute sodat die geure goed kan meng.
Toets dan net vir sout en peper. (‘n stukkie varkspek kan ook saam met die bredie gekook word vir die wat nie omgee vir nog `n bietjie ekstra vetjies nie!!)
Ek hoop dit help, dis moeilik om mates te gee.








