BOSNISE PITA GEVUL MET KAAS

bosnise 1 bosnise 2 bosnise 3 bosnise 4 bosnise 5 bosnise 6 bosnise 7 bosnise 8bosnise 9tested2013-10-11-bosnisepitagevuldmetkaas

BOSNISE PITA GEVUL MET KAAS
Bron en reeks foto’s – Susan Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
Hulle noem dit ook Burek.

Deeg:
550 g koekmeel
10 g sout
300 ml louwater
50 ml olie

Knie totdat jy ‘n mooi deeg het.
Lê die deeg uit op ‘n lap wat met meel besprinkel is. Smeer die bokant met olie in.
Sorg dat jou hande goed glad is met olie en begin vanuit die middel om die deeg te rek. So groot as wat jy kan. As daar klein gaatjies inkom is dit nie te erg. Maar probeer dit vermy. Anders kan jy ‘n stukkie deeg inlê van dit wat jy nie gebruik nie.
Gebruik enige vulsel na keuse.
Ons gunsteling is kaas.
Ons meng roomkaas, maaskaas en feta kaas bymekaar met 2 eiers en peper. Ek gebruik sommer ‘n diepvries sakkie om dit te doseer.
Bak vir 25 min op 180ºC tot dit bruin word.
Haal dit nog nie uit nie maar gooi ‘n mengsel van room en water oor die warm pita en sit dit terug in die oond totdat al die vloeistof weg is.
Haal uit en bedek met foelie sodat dit kan sweet. Lekker saam met bietjie suurroom.




STAMPMIELIES EN BONEGEREG

1379770_10201665926906440_1336409118_n 
STAMPMIELIES EN BONEGEREG
Foto en resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand
FOOD LOVERS RECIPES 
400 g stampmielies
200 g rooi bone (sopboontjies)
1 kg beesvleis met bietjie vetjies aan
2 groot uie in stukkies gesny
Sout en Peper
2 houertjies liquid stock (ek koop die boksies met twee potjies in)

Braai uie tot bruin in olie.
Voeg vleis by en braai bruin.
Voeg water soos nodig by en kook vleis sag tot dit van die bene afkom en sny verder op in stukkies. Ek voeg twee houertjies liquid stock by en dit moet omtrent gelyk vol met sous wees as die vleis reg is. M.a.w die vleis moet gelyk met die sous wees.
Kook een kant bone en mielies tot sag met sout na smaak.
As alles gaar is, voeg bymekaar. Voeg nog sout en peper by na smaak.




CHANTELLE SE MAALVLEIS “POTATO BAKE”

2013-10-01-chantellesepotatobake
CHANTELLE SE MAALVLEIS “POTATO BAKE”
Sny aartappels in dun skuiwe en kook tot sag, maak jou eie kerrie maalvleis resep.
Giet lekker dik room by jou kerrie maalvleis.
Vat ‘n oondbak en sit die aartappelskywe daarin. Sit die kerrie maalvleis bo-op die aartappels.
Maak die potato bake aan, enige geur van jou keuse(ek het sommer sour cream and chives gebruik) gebruik dik room by die potato bake mengsel. Meng effens saam, giet oor aartappels en maalvleis, strooi gerasperde cheddar, mozarella en feta kaas oor.
Bak in die oond vr so 30min…..sit voor met ‘n mengelslaai.
Resep en foto:  Wynand Chantelle Van Huyssteen




MACARONI EN KAAS MET SPEK

tested
MACARONI EN KAAS MET SPEK
Oond 180º C.
Braai die volgende saam:
1 pak gekapte spek
1 gekapte ui
2 gekapte knoffelhuisies
Roer die volgende by:
1 pak gekookte, gedreineerde macoroni
2 koppies gerasperde kaas
Skep in diep oondbak wat gespuit is.

Klits saam in groot beker tot alle klonte uit is:
250 houer room
3 koppies melk
4 eiers
1 pak wit uie soppoeier
Roer by macoronimengsel en strooi nog kaas bo-oor.
Bak vir 45 minute tot gaar en bruin.

Foto: Marie Rheeder Troskie




GEURIGE MIELIES- EN BONEGEREG

2013-09-21-spicymieliesenbonetested
GEURIGE MIELIES- EN BONEGEREG
Resep en foto:  Moira Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Dis `n lekker winderige misluke dag in PE vandag en ek is so bly ek het mielies laasnag al laat week !! Die eindproduk, lekker spicy mielies en bone…`n hele bak vol

Dis vir my moeilik om `n resep te gee, maar sal probeer, my mielies en bone kom ook nooit dieselfde uit nie en kook altyd te veel! Samp(stampmielies) is soos rys, ‘n bietjie word baie en die droë mielies moet verkieslik oornag week in water, asook die “sugarbeans”.
Ek vervang die “sugarbeans” met ‘n blikkie “baked beans” waarvan ek die tamatiesous goed afspoel (my gestel hanteer sugarbeans ‘n bietjie violently !!). Kook die mielies die volgende oggend in vars water tot sag en spoel die stysel uit.
Voeg weer water en sout by en kook verder tot dit so sag is soos verkies. Hou eenkant.
Kook “sugarbeans” (wat ook oornag in water geweek het) sag, spoel af en kook weer verder vir ‘n ruk en spoel weer af, hou eenkant. Ek verkies om lam flank, nek en ribbetjie te gebruik en kook daarvan ‘n lekker geurige stew(bredie), met wortel en aartappels by.
Ek gebruik graag roosmaryn, tiemie en knoffel as geurmiddels en sout en peper. Ek het ‘n rissie by die bredie gesit die keer en dit was heerlik ! Die bredie moet lekker souserig wees. Wanneer alles gaar is, skep alles bymekaar en meng goed deur, kook alles saam vir nog ‘n paar minute sodat die geure goed kan meng.
Toets dan net vir sout en peper. (‘n stukkie varkspek kan ook saam met die bredie gekook word vir die wat nie omgee vir nog `n bietjie ekstra vetjies nie!!)
Ek hoop dit help, dis moeilik om mates te gee.

 




SUIKERBOONTJIE BREDIE

1240578_10201927307214219_749053114_ntested

SUIKERBOONTJIE BREDIE
Foto en resep: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPE
Lekker koud by ons vanaand.
1 pak suikerboontjies geweek
1 kg lamsbredie vleis (Ribbetjies, skenkels ens)
2 groot uie
blik gekapte tamaties
sout en peper
aartappels in stukke
basmati rys

Ek gebruik die stoompot.
Kook eers die boontjies in die stoompot vir so 30 min. Voeg die vleis, sout en peper, tamaties en uie by. Stoom vir nog 30 min. Voeg aartappels by en stoom nog so 8 min. Bedien met rys.




LEZA SE ” LUI” BOLOGNAISE

LUI BOLOGNAISE

LEZA SE ” LUI” BOLOGNAISE
Ek het ‘n vinnige resep, maar maak dit sommer uit my kop, noem dit maar Leza se lui resep…

Braai ‘n ui, bruin die maalvleis by die ui, skud die botteltjie braai speserye so 2 of 3 keer, voeg gemengde kruie in, so halwe proppie. Dan ‘n bottel tamatie & basil pasta sous. Kook solank as wat die spagheti kook.

Sit voor.

nota:  mens kan ook vleis bolletjies gebruik ipv maalvleis.l

Leza Du Toit Mienie




DORITOS- EN HOENDERGEBAK

DORITOS- EN HOENDERGEBAK
6 gaar hoender borsies, sonder vel en in blokkies
250 ml suurroom
1 blikkie sweetcorn
1 pakkie cream of chicken soup
700 ml witsous
Cheddar en Mozarella kaas vir bo-op
1 groot pak Doritos chips
1 ui, fyngekap en gebraai

Vat ‘n oondbak, smeer goed en gooi die pak chips onder in. Maak nou ‘n witsous, maar vervang helfte van die meel met die sop poeier. Sodra die sous reg is, gooi die gaar uie, suurroom, sweet corn, handjie vol kaas en hoender in sous. Gooi mengsel bo-oor die chips en bedek met lekker baie kaas en ‘n bietjie fyn chips. Bak vir 20 min in ‘n 200°C oond.
Foto en resep geplaas deur Micaela van der Merwe




TUNA MET KAAS EN UIE CHIPS


TUNA MET KAAS EN UIE CHIPS

2 x 200 g Tuna in water, dreineer water af
1 blik sampioensop
1 x 125/150g kaas en uie chips, fyn gedruk, nie te fyn nie
2 eiers, geklits
gerasperde kaas en paprika, vir bo-oor

Meng alles saam. Plaas in mikrogolf vir 12 min op med-high.
Roer deur.
Gooi kaas en paprika bo-oor.
Mikrogolf weer vir  8 min op medium.

Ek het die keer myne in die oond gebak by 180°C vir so 15 tot 20 min.
Ek het net droë Parmasaan kaas bo-oor die gerasperde kaas gegooi en nie paprika nie. Dis net vir die bietjie kleur op die kaas. (jy kan paprika ook oorgooi as jy dit in die oond bak)
(Vir 4 mense – dis nie so baie. Ek deel die bak in 4 kwarte )

Resep kom net bietjie droër uit as dit in die oond gebak word. Ek sal volgende keer miskien 2 blikkies sop ingooi. Of 1½. Jy kan dit somertyd koud eet saam met ‘n lekker mengelslaai. Hoe langer dit staan hoe meer stol dit. Ek wil volgende keer miskien bietjie ertjies by roer.

Resep en foto:  Marlene Mouton Carstens




WATERBLOMMETJIE EN SKAAPNEK BREDIE

waterblomme - ernotested
WATERBLOMMETJIE EN SKAAPNEK BREDIE

Ek het 1.3kg Skaapnek gebruik. Lekker stadig gaargemaak in ‘n swartboom pot. Het sout en peper en olyf olie ook gebruik na smaak vir daai braai gevoel en die deksel toe opgesit om so bietjie te prut. (Ek is seker ‘n ‘pressure cooker sal net so goed werk).

Het die deksel afgehaal en gewag vir die meeste water om te verdamp. Die vleis uitgeskep in ‘n aparte bak en in die oond warm gehou. Toe het ek twee middelslag uie wat fyngekap was in daai lekker skaapvet gegooi en gebraai. Sodra uie lekker sag en bruin gebraai was het ek die Waterblommetjies (500gram en Mooi afgewas) saam met drie medium aartappels (in dik skywe gesny) in die pot geplaas en met 250ml droe wit wyn bedruip.Ek het ook so ‘n ekstra 25ml suurlemoensap bygevoeg. Die deksel toegemaak en vir ‘n lekker rukkie (Ek skat so 20 minute) op ‘n stadige hitte geprut. Ek het daai ‘sauerkraut’ reuk ervaar wat in die lug begin hang het. Ek was baie versigtig om op hierdie stadium nie te veel te peuter met die kos in die pot nie. Intusen het ek die samp en bone wat oornag in water gestaan het begin kook asook die soet pattat medallions. Nadat ek gevoel het die mengsel in die pot het nou lekker begin saamspeel het ek die skaapnek bygevoeg, sommer so in die pot, en goed gemeng. Ek het die plaat so klein bietjie warmer gestel en vir ‘n verdere 20 minute geprut.
En Voila. (Wil net byse dat ek die waterblommetjies vooraf in soutwater laat le het vir so ongeveer 1 uur)

FOTO EN RESEP: Erno Van Dyk