
DRUKKOKER MARMELADE
500 g Lemoene
120 ml suurlemoensap
300 ml water
1 kg suiker
Was vrugte en skil. Skraap witskil van skil en lemoene af en plaas saam met pitte in n moeseliendoek. Sny skille in dun repies. Kap vrugte in stukkies en plaas in drukkoker saam met skille, suurlemoensap en moeseliendoek. Voeg 300 ml water by. Sit deksel op en kook vir 10 min. lank. Verlaag jou druk en haal die moeseliendoek uit en laat afkoel. Druk al jou sap uit die doek. Voeg jou suiker by en roer tot opgelos. Kook nou oop tot dit stolpunt bereik het. Plaas in jou flesse..
N.s Dit klink vr my baie lekker vinnig veral in ons “elektriese drukkokers”
Category Archives: Drukkoker / Pressure Cooker
STEFAANS SE DRUKPOT FISANT
STEFAANS SE DRUKPOT FISANT
2 fisante
½ koppie soeterige witwyn
½ koppie olyfolie
2 eetlepels swart asyn
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
5 heel naeltjies
1 stukkie kaneelstokkie gebreek
500 ml water
Ekstra:
250 g sampioene
250 ml varsroom
gerasperde kaas opsioneel
Continue reading
WILDSVLEIS IN DIE STOOMPOT
WILDSVLEIS aangepas vir my AEG stoompot.
2 -3 kg wildsvleis in blokkiesgesny
250 g bacon bits
2 uie gekap
1 groen rissie greenpepper
2 tamaties
sout en peper – ek gebruik gemaalde swartpeper
½ koppie blatjang
½ teelepel mixed herbs
1 blik sampioenroomsop
Bietjie sojasous
Bietjie Worcestersous
2 koppies rooiwyn
125 ml suurroom
½ pakkie knorr Meat Ball Maker
Ekstra:
aartappels
wortels
LOUISE SE PRESTO VARKIE
Ons het self heerlik vark geëet gisteraand. Ek en my Presto is mos by die heup verbind, so ja, ek stoom omtrent alles. Hierdie was ‘n stukkie varkboud, saam met aartappels, uie, knoffel, naeltjies, Ina Paarman gegeurde sout. Baie eenvoudig, maar heerlik. Die rys het ek saam met hoenderaftreksel en ‘n knippie kerrie gaargemaak.
Ek het alles saam ingesit. Aartappels en uie onder en die vleis bo-op. Ek het dit vir 30 minute gestoom, dit was ‘n groot stuk varkboud. Dit was toe lekker sag en ek het die vleis toe uitgehaal en bietjie sous afgegooi by die vleis. Toe het ek die aartappels lekker gebraai, die vleis kleiner gesny en toe weer teruggesit en weer bietjie gebraai. Ek het die bietjie vet van die sous afgeskep en dit oor die rys gegooi vir manlief
Louise Groenewald
BOONTJIESOP MET BEESVLEIS


BOONTJIESOP MET BEESVLEIS
500 g rooi nier boontjies; geweek en afgespoel en 10 minute in stoompot saam met 1 hoender- en 1 garlic/herb ekstrak Blokkie.
1 kg blokkies, aartappels, wortels, preie
1 kg Beef Shin, plaas by die boontjies in die pot.
Braai die groente in dieselfde pan saam met 2 uie en skep alles in die stoompot. Voeg ‘n ekstra liter water by sen stoom vir nog 20 minute – en toe geproe vir sout en pepper.
Resep en foto: Twané Jansen
VARKVLEIS POTJIE MET DUMPLINGS IN DIE STOOMPOT
VARKVLEIS POTJIE MET DUMPLINGS IN DIE STOOMPOT
Ek is een van daai kokke wat ingooi wat ek wil. Maar hier is soos ek vanaand gemaak het. Dit was vark potjiekos vleis gekoop by checkers x 2 pakkies. Braai uie en groen, geel en rooi soetrissies saam in olie. Ek braai vleis in olyfolie en stoom dan sag in stoompot. Continue reading
SKAAPNEKBREDIE


SKAAPNEKBREDIE
Ek was vandag lus vir kos soos my ma kos gemaak het. Hier is ‘n heerlike eenpot skaapnek bredie. Ek het uie en knoffel gebraai in my gewone stoompot, toe sit ek die skaapnek stukke by en braai alles lekker.
Voeg kook water by en roosmaryn, bietjie tiemie, en kruie na smaak, nie sout nie.
Maak die stoompot toe en laat stoom vir so ongeveer 15min. Maak oop en sit jou klein wortelstjies, groenbone en halwe aartappels by.
Sit ook so paar songedroogte tamaties in, indien verkies.
Maak toe en stoom vir 10 min.
Draai plaat baie stadig en voel of alles sag en gaar is, maak dikker met bisto/meel mengsel, laat stadig prut vir so 5 min.
Proe nou vir die sout en voeg sout en swart peper by na smaak.
Bedien met rys en beetslaai
Resep en foto: Rina Kleinhans
KERRIE BEESPOTE EN WANGVLEIS MET AARTAPPELS EN RYS
THAI PANANG CURRY GOULASH
Hierdie het ek afgekyk by n restaurant en gister aand gemaak, my eie resep, maar ek moet my op die skouer klop, smaak amper net soos die restaurant sinne, so proe proe het ek dit baasgeraak. Dit gaan baie oor die sous want hulle bedien dit net so met n broodjie, die broodjie dip jy in die sous – heerlik Continue reading
BLESBOKNEK POT
Sommer my eie mengsel gemaak!!!
Bietjie kort pad gevat en vleisie gestoompot vir n uur!
Toe in swartpot uie gebraai en vleisie gebraai!
Vleisatreksel by gegooi! Sout, peper, bietjie aromat en balsamic asyn! Aartappels in gesny, worteltjie en boontjies!! Deksel op en nog n uur geprut!! Sousie dik gemaak en nog n halfuur baie stadig gesit!!!
Lip Lekker!!!!!!!
BRON- Benhet Nieuwenhuis










