DRUKKOKER MARMELADE

2013-09-08-suurlemoenmarmelade
DRUKKOKER MARMELADE
500 g Lemoene
120 ml suurlemoensap
300 ml water
1 kg suiker
Was vrugte en skil. Skraap witskil van skil en lemoene af en plaas saam met pitte in n moeseliendoek. Sny skille in dun repies. Kap vrugte in stukkies en plaas in drukkoker saam met skille, suurlemoensap en moeseliendoek. Voeg 300 ml water by. Sit deksel op en kook vir 10 min. lank. Verlaag jou druk en haal die moeseliendoek uit en laat afkoel. Druk al jou sap uit die doek. Voeg jou suiker by en roer tot opgelos. Kook nou oop tot dit stolpunt bereik het. Plaas in jou flesse..
N.s Dit klink vr my baie lekker vinnig veral in ons “elektriese drukkokers”




STEFAANS SE DRUKPOT FISANT

FISANT 2tested

STEFAANS SE DRUKPOT FISANT
2 fisante
½ koppie soeterige witwyn
½ koppie olyfolie
2 eetlepels swart asyn
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
5 heel naeltjies
1 stukkie kaneelstokkie gebreek
500 ml water
Ekstra:
250 g sampioene
250 ml varsroom
gerasperde kaas opsioneel

Kook al die bestanddele in ‘n drukpot totdat die voëls sag is, so 2 ure.
Haal uit en laat die sous half droogkook, en braai die sampioene daarin, en wanneer die sampioene bruin raak voeg die vars room daarby.
Maak nou die voëls uitmekaar, en pak in ‘n oondbak, en skep daai lekker dik roomsous daaroor.
Nou ja…ek wou nog ietsie bysit…by daai Fisant potjie
Toe sprinkel ek dit met KAAS toe en bak dit vinnig in die oond.
En toe eet ons eers…wat n WENNER…

Bedien saam met rys, en n lekker slaai

Resep en foto:  Stefaans Blaauw




WILDSVLEIS IN DIE STOOMPOT

2014-07-29-wildsvleisindiestoompottested

WILDSVLEIS aangepas vir my AEG stoompot.
2 -3 kg wildsvleis in blokkiesgesny
250 g bacon bits
2 uie gekap
1 groen rissie greenpepper
2 tamaties
sout en peper –  ek gebruik gemaalde swartpeper
½ koppie blatjang
½ teelepel mixed herbs
1 blik sampioenroomsop
Bietjie sojasous
Bietjie Worcestersous
2 koppies rooiwyn
125 ml suurroom
½ pakkie knorr Meat Ball Maker
Ekstra:
aartappels
wortels

Stowe wildsvleis vir 35 min in 125 ml water, blatjang en bacon.
Braai uie, green pepper, tamaties in olyfolie, voeg soja, worcestersous, sout, peper, mixed herbs, roomsop by.
Voeg die uiemengsel met aartappel en worteltjies by die vleismengsel.
Voeg die suurroom en meat ball maker by en voeg die rooiwyn by.
Sit stoompot op high pressure vir 60 min en dan is dit heerlik sag.

Resep geplaas deur Joyce Geers
Foto- Joyce Geers




LOUISE SE PRESTO VARKIE

 

Louise se stoompot varkietested

Ons het self heerlik vark geëet gisteraand. Ek en my Presto is mos by die heup verbind, so ja, ek stoom omtrent alles. Hierdie was ‘n stukkie varkboud, saam met aartappels, uie, knoffel, naeltjies, Ina Paarman gegeurde sout. Baie eenvoudig, maar heerlik. Die rys het ek saam met hoenderaftreksel en ‘n knippie kerrie gaargemaak.

Ek het alles saam ingesit. Aartappels en uie onder en die vleis bo-op. Ek het dit vir 30 minute gestoom, dit was ‘n groot stuk varkboud. Dit was toe lekker sag en ek het die vleis toe uitgehaal en bietjie sous afgegooi by die vleis. Toe het ek die aartappels lekker gebraai, die vleis kleiner gesny en toe weer teruggesit en weer bietjie gebraai. Ek het die bietjie vet van die sous afgeskep en dit oor die rys gegooi vir manlief

 

Louise Groenewald




BOONTJIESOP MET BEESVLEIS

boontjiesop Twanetested
BOONTJIESOP MET BEESVLEIS
500 g rooi nier boontjies; geweek en afgespoel en 10 minute in stoompot saam met 1 hoender- en 1 garlic/herb ekstrak Blokkie.
1 kg blokkies, aartappels, wortels, preie
1 kg Beef Shin,  plaas by die boontjies in die pot.
Braai die groente in dieselfde pan saam met 2 uie  en skep alles in die stoompot.  Voeg ‘n ekstra liter water by sen stoom vir nog 20 minute – en toe geproe vir sout en pepper.

Resep en foto:  Twané Jansen




VARKVLEIS POTJIE MET DUMPLINGS IN DIE STOOMPOT

varkvleis potjie met kluitjiestested

VARKVLEIS POTJIE MET DUMPLINGS IN DIE STOOMPOT
Ek is een van daai kokke wat ingooi wat ek wil. Maar hier is soos ek vanaand gemaak het. Dit was vark potjiekos vleis gekoop by checkers  x 2 pakkies. Braai uie en groen, geel en rooi soetrissies saam in olie. Ek braai vleis in olyfolie en stoom dan sag in stoompot.

Speserye was gemmer, kaneel, cumin, curry, swart peper, sout, garlic en herb spice. Tamatiesous, 2 eetlepels appelkoos konfyt, splash worcestersous en dan gooi ek by butternut, aartappel, gemengde groente, baby carrots en weer stoompot. Dan maak ek dumplings aan skep lepels vol op potjie en laat gaar word met deksel op. Moenie loer nie so 15 min yummy!!!! Dumplings resep 1 koppie koekmeel, 1 eier,  knippie sout en 1 teelepel bakpoeier. Ek maak resep dubbel aan. Maak aan met melk nie te slap!!! Skep lepels vol op vleis maak seker jy genoeg vloeistof in pot.

Foto en resep:  Elmarie Snyman




SKAAPNEKBREDIE

skaapnek bredietested
SKAAPNEKBREDIE

Ek was vandag lus vir kos soos my ma kos gemaak het. Hier is ‘n heerlike eenpot skaapnek bredie. Ek het uie en knoffel gebraai in my gewone stoompot, toe sit ek die skaapnek stukke by en braai alles lekker.
Voeg kook water by en roosmaryn, bietjie tiemie, en kruie na smaak, nie sout nie.

Maak die stoompot toe en laat stoom vir so ongeveer 15min. Maak oop en sit jou klein wortelstjies, groenbone en halwe aartappels by.
Sit ook so paar songedroogte tamaties in, indien verkies.
Maak toe en stoom vir 10 min.
Draai plaat baie stadig en voel of alles sag en gaar is, maak dikker met bisto/meel mengsel, laat stadig prut vir so 5 min.
Proe nou vir die sout en voeg sout en swart peper by na smaak.
Bedien met rys en beetslaai

Resep en foto: Rina Kleinhans

 

 




KERRIE BEESPOTE EN WANGVLEIS MET AARTAPPELS EN RYS

2014-02-05-1010385_10202832274318261_2062657006_ntested

KERRIE BEESPOTE EN WANGVLEIS MET AARTAPPELS EN RYS
1.5 Kg Beespote en wangvleis
2 medium aartappels
1 groot ui
2 eetlepels blatjang of appelkoos konfyt
1 eetlepel braai speserye
1 eetlepel sout
1 teelepel peper
1 teelepel kerrie poeier
1 teelepel Borrie
½ teelepel pietersielie
2 eetlepels asyn

Kook die beespote en die res van die vleis saam met alle speserye in ‘n stoompot totdat dit begin sag word.
Voeg dan die aartappels en die uie in en kook in die stoompot vir nog n half uur, tot 45 min.
Wanneer alles lekker sag is…

dan skep jy die RYS, VLEIS, EN AARTAPPELS, en EET!!!

Bron: Stefaans Blaauw




THAI PANANG CURRY GOULASH

thia panang goulashtestedcurry paste

THAI PANANG CURRY GOULASH

Hierdie het ek afgekyk by n restaurant en gister aand gemaak, my eie resep, maar ek moet my op die skouer klop, smaak amper net soos die restaurant sinne, so proe proe het ek dit baasgeraak. Dit gaan baie oor die sous want hulle bedien dit net so met n broodjie, die broodjie dip jy in die sous – heerlik
Ek het my goulash gespice en in olie bietie gebraai en in die stoompot sag gekook. In n ander potjie en ek fyn gekapte uie gebraai, toe die curry paste   (Thia panang curry paste in ‘n pakkie) bygesit en bietjie gebraai, daarna n blikkie (400ml) coconut cream (nie die melk nie) bygesit en so 2 eetlepels suurlemoen sap. Dit bietjie gekook, toe die goulash uitgehaal sonder die sous waarin dit gekook het, en dit saam die sous bietjie gekook, Eet saam brood wat jy in die sous dip. Heerlik, hier is n foto van die curry pasta wat ek gebruik het

 

Johan En Christelle Riekert




BLESBOKNEK POT

 

2014-01-16-blesboknekpottested

BLESBOKNEK POT

Sommer my eie mengsel gemaak!!!
Bietjie kort pad gevat en vleisie gestoompot vir n uur!
Toe in swartpot uie gebraai en vleisie gebraai!
Vleisatreksel by gegooi! Sout, peper, bietjie aromat en balsamic asyn! Aartappels in gesny, worteltjie en boontjies!! Deksel op en nog n uur geprut!! Sousie dik gemaak en nog n halfuur baie stadig gesit!!!

Lip Lekker!!!!!!!

BRON- Benhet Nieuwenhuis