Hierdie het ek afgekyk by n restaurant en gister aand gemaak, my eie resep, maar ek moet my op die skouer klop, smaak amper net soos die restaurant sinne, so proe proe het ek dit baasgeraak. Dit gaan baie oor die sous want hulle bedien dit net so met n broodjie, die broodjie dip jy in die sous – heerlik
Ek het my goulash gespice en in olie bietie gebraai en in die stoompot sag gekook. In n ander potjie en ek fyn gekapte uie gebraai, toe die curry paste (Thia panang curry paste in ‘n pakkie) bygesit en bietjie gebraai, daarna n blikkie (400ml) coconut cream (nie die melk nie) bygesit en so 2 eetlepels suurlemoen sap. Dit bietjie gekook, toe die goulash uitgehaal sonder die sous waarin dit gekook het, en dit saam die sous bietjie gekook, Eet saam brood wat jy in die sous dip. Heerlik, hier is n foto van die curry pasta wat ek gebruik het
Johan En Christelle Riekert









