

GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES OP DIE KOLE
2 aartappels, byna gaar gekook en velle afgetrek
1 eier
4 repies spek, gekerf en gebraai
2 eetlepels meel
1 eetlepel sweet chillie sous
1 koppie broodkrummels
‘n bietjie gekapte gemengde groen kruie
sout en peper na smaak Continue reading
Category Archives: Bykosse / Side Dishes
CARAMELIZED ONION, CHEDDAR, CORN AND MARMITE SKILLET BREAD


CARAMELIZED ONION, CHEDDAR, CORN AND MARMITE SKILLET BREAD
30 ml oil
1 onion, sliced
45 ml brown sugar
250 ml cake flour
250 ml maize meal
60 ml light brown sugar
15 ml baking powder
2.5 ml salt
2 ml cayenne pepper
250 ml buttermilk
2 extra large eggs
45 ml melted butter
1 x 410 can whole kernel corn, drained
250 ml grated cheddar cheese Continue reading
ZORANA SE AARTAPPELGEREG


ZORANA SE AARTAPPELGEREG
1 pakkie bacon
1 250ml room
1 koppie mayonnaise
1 klein houertjie gewone jogurt
1 ui (opgekap)
Vars knoffel (na smaak)
1 pakkie sampioene
2 koppies gerasperde kaas
6 groterige aartappels (saggekook)
Sout en Peper
Sprietuie vir bo-oor Continue reading
ADRI SE POT-PAPTERT


ADRI SE POT-PAPTERT
Versnipper/kap en braai van die volgende waarvan jy en jou gaste hou totdat die uie goudbruin en die vark gaar is:
Spek, uie, knoffel, soetrissie, sampioene.
Kook soveel water as wat nodig is vir die hoeveelheid pap wat jy wil maak met baie botter en genoeg Aromat in. Sodra die water kook, roer geleidelik papmeel in totdat dit net begin dik word. Voeg die braaimengsel by. Prut baie stadig vir 20 tot 30 minute (tensy jy van die aanbrandsel hou). Roer gereeld. Roer so ’n paar minute voor opdiening baie gerasperde cheddarkaas by.
Bron en foto: Adri van Staden
TUISGEMAAKTE OONDGEBAKTE AARTAPPELSKYFIES


TUISGEMAAKTE OONDGEBAKTE AARTAPPELSKYFIES
Drie tot vier porsies afhangend wat jy saam met dit voorsit
Stel oond op 200°C.
Rolkoekpan bespuit met Spray & Cook
5-6 medium grootte aartappels geskil en in skyfies gesny.
Plastiese sakkie met bietjie olie en geurmiddels na smaak (ek het net sout gebruik).
Droog skyfies goed af en plaas in die sakkie met olie.
Skud dit goed deur sodat die olie al die skyfies bykom.
Keer uit in pan en plaas in oond vir ± 40minute tot ‘n uur totdat skyfies gaar is. (Toets met ‘n skerp punt messie se om vas tel stel of dit gaar is. Continue reading
ZORANA SE BRAAI OONDBUNS


ZORANA SE BRAAI OONDBUNS
6 Conee buns in die helfte gesny
1 bakkie plain yogurt
250 ml room
knoffel na smaak
sout en peper
1 gekapte ui
1 pakkie gekapte mushrooms
250 ml mayonaise ek gebruik net cross & Blackwell Continue reading
NAMAKWALANDERS SE ROOSTERKOEK


NAMAKWALANDERS SE ROOSTERKOEK
1 kg bruismeel
500 ml karringmelk
bietjie sout
Wanneer die mans die vuur aansteek, begin jy met jou deeg jy gooi alle meel, ‘n knippie sout in ‘n knie skottel, soos jy die deeg aanmaak, gooi jy die karringmelk by. Ek spoel die houer uit met gewone melk as die deeg nog styf is. Knie nou goed deur en los dit sodat dit kan rys. Maak toe met swart sak en ‘n ou kombersie.
Wanneer die vleis klaar gebraai is, sal jy sien die deeg het wel gerys, ek druk die deeg plat en sny die deeg met ‘n mes. Jy maak dit die grote brode wat jy wil hê. Sit dit op ‘n skinkbord, en voel of die kole nie te warm is nie, want die brode moet nie brand nie. Draai dit om en braai tot gaar die brood sal lig voel dan is dit gaar.
Eet dit saam met vye konfyt en dik gerasperde kaas bo op, ai hoe water my mond nou vir so ‘n rooster brood. Bêre die orige as daar oor is, in ‘n plasiek brood sak. Lekker eet, as jy nie karringmelk het nie, gooi n yskoue bier daarin en maak die aan.
Bron: Hester Coetzee
HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE



HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE
My man is glad nie baie lief vir groente nie, hy eet dit maar is nie lief daarvoor nie. Vandag is hier groente gebore uit nood, en hy was mal daaroor, so ja ek sal dit beslis weer maak. Syne het die room oor gehad en myne was daarsonder, altwee is regtig lekker, die sampioene en murgpampoentjie saam kan ek aanbeveel. Die foto’s wys altwee geregte.
HEERLIKE MURGPAMPOENTJIE EN SAMPIOEN GROENTE
Halwe bakkie sampioene grof gesnipper
5-6 groterige murgpamoentjies in ringetjies gesny
5 spinasie blare gewas en fyn opgesny
50 ml songedroogte uie
50ml songedroogte tamaties
paar spriete “garlic chives” fyn gesny
2 eetl gekapte vars pietersielie
2 vingers vars knoffel fyn gekap (opsioneel)
100 ml vars room (opsioneel)
Italian herbs, Lemon & Rosemary van Ina Paarman, sout en varsgemaalde swart peper
Continue reading
MOZARELLA UIE RINGE



MOZARELLA UIE RINGE
Sny uie in ringe, hou skywe bymekaar, haal 1 ring uit en sit mozarella kaas in. Doop in geklitste eier en dan in meel. Vries vir ‘n uur, Doop weer in eier en meel en diep braai!!!
Heerlik
Bron: youtube
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Petra Nel
Jy hou die ringe wat bymekaar uitgekom het en weer daar sal inpas bymekaar. Twee-twee. Dan plaas jy hulle twee twee bymekaar in en sny kaas in dun skyfies en druk dit tussen die twee ringe in en dan volg die res van die resep. Dit is eintlik twee ringe in elke een groot klaargebakte ring met kaas tussen in. Baie lekker.
SARINA SE OONDGEBAKTE SPEK EN ROOMBROODJIES



SARINA SE OONDGEBAKTE SPEK EN ROOMBROODJIES
1 klaar gekoopte deeg in sakkies
1 pakkie potatoe bake
250 ml room
4 kleinerige uie fyn gesny
1 pakkie spek in stukkies gesny
4 eetlepels parmesan gerasper
sout
peper
spring onion
Braai uie (ek het margarine en klapperolie gemeng)
Sit spek by (ek verkies dit nie crispy nie want moet nog in oond) Continue reading

