

NAMAKWALANDERS SE ROOSTERKOEK
1 kg bruismeel
500 ml karringmelk
bietjie sout
Wanneer die mans die vuur aansteek, begin jy met jou deeg jy gooi alle meel, ‘n knippie sout in ‘n knie skottel, soos jy die deeg aanmaak, gooi jy die karringmelk by. Ek spoel die houer uit met gewone melk as die deeg nog styf is. Knie nou goed deur en los dit sodat dit kan rys. Maak toe met swart sak en ‘n ou kombersie.
Wanneer die vleis klaar gebraai is, sal jy sien die deeg het wel gerys, ek druk die deeg plat en sny die deeg met ‘n mes. Jy maak dit die grote brode wat jy wil hê. Sit dit op ‘n skinkbord, en voel of die kole nie te warm is nie, want die brode moet nie brand nie. Draai dit om en braai tot gaar die brood sal lig voel dan is dit gaar.
Eet dit saam met vye konfyt en dik gerasperde kaas bo op, ai hoe water my mond nou vir so ‘n rooster brood. Bêre die orige as daar oor is, in ‘n plasiek brood sak. Lekker eet, as jy nie karringmelk het nie, gooi n yskoue bier daarin en maak die aan.
Bron: Hester Coetzee






