ZORANA SE BRAAI OONDBUNS
6 Conee buns in die helfte gesny
1 bakkie plain yogurt
250 ml room
knoffel na smaak
sout en peper
1 gekapte ui
1 pakkie gekapte mushrooms
250 ml mayonaise ek gebruik net cross & Blackwell
Pak jou gesnyde buns in oondpan, braai nou jou mushrooms,ui, knoffel met sout en peper in bietjie botter. Meng die room, plain yogurt en mayonnaise in n bak met so handvol gerasperde kaas. Voeg nou jou gebraaide ui,mushrooms by die mengsel en skep oor die buns. Bak in warm oond tot hy lekker deur gekook is en grill dan tot goudbruin. Die is liplek lekker!!!
Bron; Zorana van der Berg
Foto: Zorana van der Berg