

VINGER LEK LEKKER HOENDER SOSATIES
Ek het 3 groot hoender borsies gehad en hulle opgesny en die resep daarvolgens gebou. Vermeerder maar net die bestanddele as jy meer hoender borsies het. Ek kon 3 sosaties maak.
3 hoender borsies (wit vleis) opgesny in blokkies
+/- 35cm roosmaryn takke (stewiges)
6 vars salie blare fyn opgekap
1 teelepel gekapte roosmaryn (vars verkieslik)
2 teelepels tiemie (vars verkieslik)
2 teelepels dijon mosterd
2 eetlepels opgehoop HELMANS mayonnaise
1/2 koppie olyf olie
2 teelepels fyngekapte knoffel
Sout en pepper die hoender goed. Vat die roosmaryn tak en maak hom skoon maar los ‘n paar blare bo aan die tak. Maak sy onder punt skerp sodat die vleis daardeur kan gaan(hy word nou ‘n sosatie stokkie) meng al die bestanddele en gooi oor die hoender en meng goed , laat hom so rukkie staan en begin jou sosaties ryg. Ek het uie en green pepper ingesit tussen maar jy kan gebruik wat jy wil tussen die vleis. Braai hulle op warm kole en geniet
Bron en foto: Ilona Turner






