ADRI SE POT-PAPTERT
Versnipper/kap en braai van die volgende waarvan jy en jou gaste hou totdat die uie goudbruin en die vark gaar is:
Spek, uie, knoffel, soetrissie, sampioene.
Kook soveel water as wat nodig is vir die hoeveelheid pap wat jy wil maak met baie botter en genoeg Aromat in. Sodra die water kook, roer geleidelik papmeel in totdat dit net begin dik word. Voeg die braaimengsel by. Prut baie stadig vir 20 tot 30 minute (tensy jy van die aanbrandsel hou). Roer gereeld. Roer so ’n paar minute voor opdiening baie gerasperde cheddarkaas by.
Bron en foto: Adri van Staden