

VETKOEK A LA SASHA
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
3 teelepels yeast/gis
3 eiers
10 koppies meelblom
½ koppie louwater
Los die yeast en suiker op in ‘n koppie lou water vir 15 minute. Sif die meelblom en sout saam.
Klits die 3 eiers.
Voeg die yeast oplossing en eiers by die meelblom en knie goed deur.
Bedek dit goed toe met ryskombers.
Na die rys proses knie dit af.
Maak bolletjies daarvan en laat dit staan vir verder rys.
Bak dit af met olie. (Canola olie is a gesonder alternatief)
Geniet!
Foto en resep: Sasha-Leigh Al Donnay Juries






