

GIDEON SE AARTAPPELKOEKIES OP DIE KOLE
2 aartappels, byna gaar gekook en velle afgetrek
1 eier
4 repies spek, gekerf en gebraai
2 eetlepels meel
1 eetlepel sweet chillie sous
1 koppie broodkrummels
‘n bietjie gekapte gemengde groen kruie
sout en peper na smaak
Druk die aartappels fyn en meng alles in behalwe die krummels.
Maak bolletjies en rol in die krummels.
En druk plat om ‘n koekie te vorm.
Laat staan in die vrieskas vir omtrent ‘n uur en braai op kole tot goudbruin vir ongeveer ‘n halfuur en bedien saam met braaivleis.
BRON: Gideon Louw






