

ZORANA SE AARTAPPELGEREG
1 pakkie bacon
1 250ml room
1 koppie mayonnaise
1 klein houertjie gewone jogurt
1 ui (opgekap)
Vars knoffel (na smaak)
1 pakkie sampioene
2 koppies gerasperde kaas
6 groterige aartappels (saggekook)
Sout en Peper
Sprietuie vir bo-oor
Braai uie tot goudbruin
Braai sampioene en knoffel
Braai bacon
Voeg speserye by
Meng jogurt, mayonnaise en 1 koppie kaas.
Gooi nou alles bymekaar, meng en gooi in vuurvaste oondbak.
Strooi die res van die kaas en sprietuie oor en bak in warm oond tot goudbruin.
FOTO EN RESEP: Zee Grobbelaar






