

TUISGEMAAKTE OONDGEBAKTE AARTAPPELSKYFIES
Drie tot vier porsies afhangend wat jy saam met dit voorsit
Stel oond op 200°C.
Rolkoekpan bespuit met Spray & Cook
5-6 medium grootte aartappels geskil en in skyfies gesny.
Plastiese sakkie met bietjie olie en geurmiddels na smaak (ek het net sout gebruik).
Droog skyfies goed af en plaas in die sakkie met olie.
Skud dit goed deur sodat die olie al die skyfies bykom.
Keer uit in pan en plaas in oond vir ± 40minute tot ‘n uur totdat skyfies gaar is. (Toets met ‘n skerp punt messie se om vas tel stel of dit gaar is.
Skakel nou net die braai(grill) gedeelte van die oond aan en bak skyfies tot bruin en bros soos wat jy dit verkies.
Keer uit in ‘n bak wat met bakpapier uitgevoer is sodat enige oortollige olierigheid kan absorbeer.
Indien verkies kan jy nog sout byvoeg en spuit met asyn.
Bedien saam met ‘n lekker doopsousie.
Ek het ½ – ½ suurroom, mayonnaise, bietjie aromat en peper gemeng gebruik, maar jy kan ook bietjie soetrissiesous byvoeg afhangend van jou smaak of waarvoor jy lus het.
Geniet dit as peuselhappie of saam met vis/steak.
Resep en foto: Petra Nel






