
HOE OM ‘N KOEK TE VERSIER MET FONDANT
Nicolette Fick:
Die crumb coat is ‘n moet, dan in die yskas en dan die botterversiersel net voordat jy die fondant opsit. Mens kry ‘magic matte’ waarop jy fondant kan uitrol sonder enige ander produk andersins is maizena die beste. Suiker sal hom taai maak. Gooi bietjie maizena in ‘n ou kous en druk dit dan so liggies oor die oppervlak waar jy wil uitrol – as jy dit te dik doen sal die maizena in die fondant gaan vassit (nie ‘n krisis nie) maar ek vind die ‘sokkie’ of selfs ‘n fyn sifter werk beter. As jy jou fondant wil glad afwerk, werk eers met jou hande om die ergste glad te kry, dan ‘n smoother (as jy het) en dan vat jy ‘n bol van die orige fondant en gebruik dit veral om die randte mee af te werk. Continue reading















