ESME EN JAN SE LEWERKOEKIES
Resep is Esme Euvrard en Jan Cronje se resep gewees op vroeër jare se Springbok Radio smiddags “So Maak Mens” het hulle altyd gesê en dan het die resep gevolg.
So nou sê ek ook “So Maak Mens”
1 kg gemaalde lewer
4 groot aartappels, gerasper
2 uie, gerasper
2 eetlepels asyn
1 koppie koekmeel, gesif
2 eiers
6 teelepels bakpoeier
Meng alles saam. Skep lepelsvol in vlak olie en bak tot gaar en goudbruin. Die gaar lewerkoekies vries ook goed.
Ingestuur deur Stompie Theron Borman
Foto: Stompie Theron Borman
Stompie Theron Borman – Dit is kg lewer ek sal sê so 15 ml sout ek het nou gaan kyk by die oorspronklike resep van my en daar is die sout ook uitgelaat.
Ek het die resep gehalveer. Dit is ‘n heerlike en bekostigbare resep wat jou laat eet soos ‘n koning.
Stompie Theron Borman
Ek maak nooit meer enige ander resep vir lewerkoekies as die een nie die gerasperde aartappel maak dit ook meer ek het 60 lewerkoekies uit 2kg lewer gekry