

CORINNE SE PAVLOVA NAGEREG
Resep en foto: Corinne Munro
Ek het dit jare gelede by iemand geëet wat graag kamp, bietjie aanpassings gemaak en het dit CORINNE SE NAGEREG onder ons vriende geword.
1 groot pavlovadop
1 groot blik koejawels
1 blikkie karamel kondensmelk
1 blik swart ontpitte kersies
1 houer ultramel vla
Breek stukkies van die pavlovadop (gewone skuimpies word te gou pap) in ‘n groot plat bak, sny koejawels kleiner en versprei tussen die skuimpies. Skep teelepels treat tussen die vrugte, dreineer kersies en versprei tussen al die ander…skep laastens die vla bo oor.
JY KAN ENIGE VRUGTE GEBRUIK…vars aarbeie of ander bessies soos wat ek hier gedoen het bo op en bietjie neute is ook lekker en lyk mooi.
Note: just forgot to mention that it must be prepared fresh or else the pavlova gets soggy







Geskuif