

TUISGEMAAKTE GOUESTROOP
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
6 x 250 ml suiker
750 ml (3 koppies) koue water
15 ml (3 teelepels) kremetart
Meng suiker, die helfte van die water en kremetart in ‘n groot kastrol.
Roer oor lae hitte tot suiker opgelos is.
Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin is, sowat 15 – 20 minute.
Voeg res van die water stadig by.
Verwyder van hitte en giet in gesteriliseerde flesse.
Nota:
Jan Pieterse: danki Petré, en jy sê hy werk net so goed soos die winkel s’n?
Petré Van Jaarsveld: Jip, en teen baie goedkoper as die winkel s’n.
Dit gaan nog baie loperig lyk, maar moenie langer kook as die tyd nie – 15 tot 20 minute op die langste, anders gaan jy dit nie uit die flessies kry wanneer dit afgekoel is nie.







Submitted new blog