


KOOS SE BEESSTERTPOT
3 Kg Beesstert ontvries – Speserye gegooi
Uie gebraai tot glaserig en uit geskep
Die vleis Gebraai tot alles mooi geseel het.
Stadig gekook vir 2 ure.
Die gebraaide uie terug gesit saam met 3 knoffel husies en so 15 minute gekook.
Cocktail tamaties in gesny en 15 minute gekook
LAASTE ROER AAN DIE POT
Na 15 minute
Aaartappels in en nou maak ek dit nie oop vir n uur. Die aroma moet binne bly. Wel net vinnig oop na 30 minute om wortels in te gooi en dadelik toe. Moenie roer nie.
As jy sien die pot gaan droog kook kan jy maar nou so n beker water by gooi want jy gaan nie sien as dit droog kook nie en teen die tyd dat jy dit ruik is dit te laat
Na die wortels kom daar nog Mielies, Marrow’s en mushrooms in
Prut stadig tot sag en gaar.
Net as iemand wil weet. Ek hou niks van n bord kos wat bleek is nie. Ek gooi room op die einde by my potjie en room maak dit bleek. Ek het dit iewers eendag gelees om room te kleur. Daai sous vir die finaal het ek Rich Oxtail sop poeier met room gemeng, Toe gooi ek Paprika in en worcetersous tot die kleur vir my reg lyk en in die pot vir die laaste 10 minute”
Resep en foto: Koos van der Merwe






