
HOE OM ‘N KOEK TE VERSIER MET FONDANT
Nicolette Fick:
Die crumb coat is ‘n moet, dan in die yskas en dan die botterversiersel net voordat jy die fondant opsit. Mens kry ‘magic matte’ waarop jy fondant kan uitrol sonder enige ander produk andersins is maizena die beste. Suiker sal hom taai maak. Gooi bietjie maizena in ‘n ou kous en druk dit dan so liggies oor die oppervlak waar jy wil uitrol – as jy dit te dik doen sal die maizena in die fondant gaan vassit (nie ‘n krisis nie) maar ek vind die ‘sokkie’ of selfs ‘n fyn sifter werk beter. As jy jou fondant wil glad afwerk, werk eers met jou hande om die ergste glad te kry, dan ‘n smoother (as jy het) en dan vat jy ‘n bol van die orige fondant en gebruik dit veral om die randte mee af te werk.
Lizanne Jordaan:
1 laat die koek HEELTEMAL afkoel.
2 sny die koek in lae en vul indien nodig met versiersel van jou keuse.
3 sit in yskas om heeltemal te set.
4 smeer laag Botter versiersel.
500g white wooden spoon en 1.2kg icing. Met 10 ml melk.
5 sit in yskas om heeltemal te set.
6. Rol fondant uit op oppervlak wat bestrooi is met mielieblom (maiziena). Moet nie icing gebruik nie dit sweet en raak taai.
Rol uit tot so 5mm. Moet nie te dun uitrol nie anders skeur die fondant as jy dit oorsit.
7. Wanneer die los oor die koek le, begin dit van die bo kant vas druk in die rondte om lug bubbles te vermy.
9. Sny oortollige fondant af en maak gelyk.






