

KOOS SE BILTONGTERT
Ek het vandag weer bietjie vars maalvleis gemaak en kon toe nie besluit wat maak ons nou vir vanaand. Toe onthou ek, ek het so ‘n rukkie terug gesien toe daai Biltong Tert ge-post is en vir myself gesê ek wil die nog maak.
Toe gebruik ek daai resep maar maak maalvleis gaar vir die vulsul.
Bak pan uitgele met skilfer deeg.
Blokkies cheddar kaas gepak.
Maalvleis in gegooi nadat ek dit gaar gemaak het en laat afkoel het.
4 eiers geklits saam met 250 ml vars room en by gegooi.
In die oond gebak op 140°C vir 30 minute en toe nog 30 minute op 160°C.
Maar ek het 2 gemaak. Die tweede een het ek kaas en uie chips fyn gedruk en bo-op gestrooi en sommer die deeg aan die kante terug gevou om alles te probeer toemaak. Maar net te min gehad. So lyk die eerste een. Tweede een in die oond.
Resep en foto: Koos van der Merwe






