

CHILLIE SOUS VIR CHIPS
Die sous moet oorgegooi word sodra die chips uit die olie is.
2 lourierblare
1 koppie olie
1 teelepel paprika
1 teelepel borrie
so agt lang rissies, gekap
2 klein peri peri rissies, gekap
4 huisies knoffel, gekap
1 teelepel sout
1 eetlepel vars gemmer gekap
Meng alles en verdun met 4 koppies (vars) suurlemoensap.
Resep en Nota: Martie Fourie Moolman
Moet 4 koppies suurlemoensap wees. Dit hou baie lank in die yskas. Roer dit net elke keer voor gebruik. Kom nogal lank met dit uit dit hang af hoeveel jy oorgooi, gewoonlik so een groot eetlepel per porsie chips.






