

PIEPKLEIN SOETKOEKIES
Resep en foto: Petré van Jaarsveldt
FOOD LOVERS RECIPES
Ouma se Soetkoekies, hierdie resep was baie jare gelede op die sykant van ‘n pak Huletts suiker.
6 koppies bruismeel
3 koppies suiker
250 g margarien
1 teelepel kremetart
1 teelepel koeksoda
3 eiers
Verroom eiers en suiker. Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien by die meel in. Voeg die eiermengsel by en knie tot ‘n uitrolbare deeg. Indien die deeg te droog is, voeg ‘n bietjie melk by. Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk in vorms af. Bak teen 180ºC vir ongeveer 10 minute.






