ESBE SE INGELEGDE AGURKIES
Suur komkommers (soos in winkel):
Kook saam:
1 bottel wit asyn
2 bottels water
1/3 koppie growwe sout
3 eetlepels suiker (bestanddele word saamgekook)
Steriliseer bottels, plaas skyfie of 2 uie en 1 teelepel “pickling spice” onder in flesse. (Kan knoffel ook insit indien verkies).
Pak gewaste rou gherkins in en giet kokende stroop oor. Draai fles deksels halfpad toe, plaas flesse in groot kastrol met kookwater en kook vir 5 min. (Wees baie versigtig sit iets op boom van kastrol want potte kan bars)
Draai deksels stewig toe.
Dit moet tenminste ‘n maand of langer staan.
Maar asb wees uiters versigtig vir brand.
Ek kook nie meer myne nie, sit dit net in groot kastrol kokende water en sit deksel op tot gherkins vaal kleur kry.
Dan word die flesse natuurlik van die begin af stewig vasgedraai en as dit uit kookwater kom, voel ek weer of dit styf vasgedraai is.
Foto en Resep: Esbe Mostert