

VINNIGE HERDERSPASTEI
500 g maalvleis
1 ui gekap
Vars gemaalde swartpeper
1 blikkie gemengde groente
1 pakkie oxtail soppoeier
Braai uie in ‘n bietjie botter of kookolie tot sag. Voeg maalvleis by en braai deur.
Voeg peper, bietjie naeltjies en bietjie worcestersous by… braai tot bruin.
Voeg blikkie gemengde groente en bietjie water by, kook deur. Maak soppoeier met water aan en voeg by maalvleis, kook goed deur.
Kook 6 middelslag aartappels ( in blokkies gesny) tot sag.
Dreineer en maak kapokaartappels..
Gebruik om en by 2/3 des van kapokaartappels om vierkantige oondbak mee uit te voer.
Skep maalvleis mengsel in en dan die res van die kapokaartappels bo-oor.. Rasper kaas oor en bak tot goudbruin.
Genoeg vir 6 persone.
Daar bly nog van die maalvleis mengsel oor vir Jaffels vir die volgende dag…
Resep en foto: Petré van Jaarsveldt






