

WARM HOENDERSLAAI
3 hoenderborsies, ontbeen en in die helfte deurgesny (met ander woorde, dunner gesny)
2 gekleurde soetrissies, ontpit en in stukke gesny
1 klein botterskorsie, afgeskil en in blokkies gesny
1 klein slaaikoppie waarvan die blare geskei is
2 medium grootte tamaties, in klein stukkies gesny
1 kleinerige komkommer, in skywe gesny
6 of meer skoongemaakte knoffeltoontjies
1 eetlepel balsamiese asyn
sap van ‘n halwe suurlemoen
sout en peper na smaak
olyfolie
Fetakaas vir garnering
Continue reading
Author Archives: adamcloete
PYNAPPEL EN KOMKOMMERVORM


PYNAPPEL EN KOMKOMMERVORM
15 g (25 ml) gelatien
80 ml koue water
1 blik (410 g) fyngemaakte pynappel
50 g (60 ml) suiker, opsioneel
200 g komkommer
100 g (250 ml) gerasperde kaas
100 ml mayonnaise
1 uitjie, gerasper
sout en peper na smaak
Week gelatien in helfte van water.
Verhit res van water, pynappel en suiker tot kookpunt, voeg gelatien by en roer tot gesmelt. Laat afkoel.
Kap komkommer fyn of rasper grof.
Voeg kaas, mayonnaise, ui, sout, peper en pynappelmengsel by en meng goed.
Skep in ‘n vorm wat met koue water uitgespoel of met kookolie gesmeer is en laat in koelkas stol.
Keer net voor opdiening uit.
Lewer 6-8 porsies.
Resep geplaas deur Landi Hartzenberg Ferreira
Foto: Gillian Vermeulen
SAVORY, SHREDDED KOHLRABI AND CHILLI-SPREAD PANCAKES


SAVORY, SHREDDED KOHLRABI AND CHILLI-SPREAD PANCAKES
Savory, shredded kohlrabi and chilli-spread pancakes, served with poached eggs and fresh avocado
Pancakes
Shred 170 g of kohlrabi root bulb : 45.9 calories (for 2 ppl)
22.95 calories per person
1 cup of all-purpose flour : 455 calories (227.5 calories per person)
Maldon salt to taste : 0 calories
1 tbsp chili spread : 75 calories ( 37.5 calories per person)
1 tsp garlic powder : 10 calories (5 calories per person)
Mix flour, shredded kohlrabi root, salt, and chili spread with 2.5 cups of water. Beat by hand until it forms a smooth consistency. Heat pan on medium-high and spray with cooking spray (4 calories). Cook through on lower heat until golden brown and flip over. Same with other side . Cut into 4 quarters.
Continue reading
IDEES MET GOURGETTE (MURGPAMPOEN)

IDEES MET GOURGETTE (MURGPAMPOEN)
Tanya Momberg:
Ek kook dit so paar minute en braai dit saam uie en tamatie amper soos ‘n smoor. Geur net met sout en peper. Baie lekker.
Anita Merkus:
Ek sny myne in groot skywe, so’n 10 cm elk. Kook dit in water met sout en peper tot hulle gaar is (glasig). Haal uit, dreineer en skep die sade uit. Vul dit met warm roommielies, kaas bo-oor en sit dit onder die rooster tot die kaas smelt.
Kotzee Irene:
Skywe met witsous en kaas
Wayne Dugmore:
In stukke gesny. Sout, peper, olyf olie. Rooster in die oond.
Continue reading
DIE VERVOLMAAKTE POTBROOD


DIE VERVOLMAAKTE POTBROOD
Vir die deegmengsel (https://www.foodloversrecipes.com/2014/03/gideon-se-potbrood/)
1 koppie olywe, ontpit en gekerf
3 takkies tiemie se blare, afgetrek
3 takkies roosmaryn se blare, gekap
30 ml olyfolie
3 huisies knoffel, gekap (ek’t sommer 5 huisies gebruik)
1 koppie kaas, gerasper
Meng alles saam behalwe die kaas.
Rol die deeg uit tot omtrent 10 mm dik in ‘n reghoek en smeer die mengsel daaroor en strooi die kaas daaroor.
Rol die deeg op soos ‘n koek en sny dit oor die lengte.
Plaas die deeg in ‘n gespuite swartpot met die snykant na bo en rol dit op in die pot, gevolg met die oorblywende deeg om die sirkel te voltooi.
Laat dit dan in die pot rys tot dubbeld in volume en bak op stadige kole en ‘n paar kole op die deksel vir 1 uur tot gaar.
Doen die stokkie toets.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
GEMSBOKSKENKEL EN WATERBLOMMETJIE BREDIE IN DIE STOOMPOT


GEMSBOKSKENKEL EN WATERBLOMMETJIE BREDIE IN DIE STOOMPOT
1 kg gemsbok skenkeltjops
500 g bredie varkvleis
1 groot ui
2 aartappels
800 g waterblommetjies
sout na smaak
1 teelepel wit peper
1 eetlepel gerookte paprika
5 kruienaeltjies
1 teelepel koljanderpoeier
2 eetlepels olyfolie
Continue reading
KAASWORS SMULHAPPIES


KAASWORS SMULHAPPIES
Kaaswors in happie grootte gesny
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
150 ml melk plus minus
25 ml suiker
‘n knippie sout
olie vir vlak braai
Meng alles saam en doop die stukkies wors daarin en bak in vlak olie vir ‘n paar minute.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw
INGEMAAKTE APPELS


INGEMAAKTE APPELS
3 kg appels geskil en gesny, pitte verwyder.
Week vooraf in 10 ml sout per liter koue water vir 10 min.
Kook 2 liter water met 600 g suiker saam met heel stokkies kaneel na smaak vir 15 minute.
Voeg appels by, kook nog 10 minute.
Bottel warm.
Maak seker flesse vol tot bo en seël dadelik.
Ek het ‘n heel kruienaeltjie bygesit vir afwisseling.
Resep geplaas deur Nina Meyer
Foto: Nina Meyer
ROMERIGE BASILIEKRUID HOENDER


ROMERIGE BASILIEKRUID HOENDER
500 g ontbeende hoender borsies, in blokkies gesny
1 pakkie lang murg pampoentjies, opgesny
1 groot ui, gekap
2 knoffel huisies, gekap
3 eetlepels basil pesto
250 ml room
olie
sout, peper en aromat na smaak Continue reading
OUTYDSE PYNAPPELBIER


OUTYDSE PYNAPPELBIER
4 groot pynappels se skille
7 liter warm water
1.2 kg wit suiker
12 rosyne
10g aktiewe of kitsdroë gis
Was pynappelstukke goed en plaas dit in ‘n groot emmer met ‘n deksel. Voeg die water en die suiker by en roer die mengsel totdat al die suiker opgelos is. Voeg die rosyne en gis by, sit die deksel op en laat die mengsel ongeveer 12 uur lank op ‘n warm plek gis. Syg die mengsel deur en giet die filtraat in plastiekkanne of bottels. Plaas van die rosyne in elke kan en verseël dit. Bewaar die bier in die yskas.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Myrtle Wood

