

KAASWORS SMULHAPPIES
Kaaswors in happie grootte gesny
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 eetlepel gesmelte botter
150 ml melk plus minus
25 ml suiker
‘n knippie sout
olie vir vlak braai
Meng alles saam en doop die stukkies wors daarin en bak in vlak olie vir ‘n paar minute.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw






