

GEMSBOKSKENKEL EN WATERBLOMMETJIE BREDIE IN DIE STOOMPOT
1 kg gemsbok skenkeltjops
500 g bredie varkvleis
1 groot ui
2 aartappels
800 g waterblommetjies
sout na smaak
1 teelepel wit peper
1 eetlepel gerookte paprika
5 kruienaeltjies
1 teelepel koljanderpoeier
2 eetlepels olyfolie
Braai uie in die olyfolie, in die stoompot saam met die speserye, behalwe die sout, tot sag. Braai die skenkeltjops en die varkvleis vir ‘n paar minute saam met die uie en voeg ‘n koppie water by. Stoom vir ongeveer 30 minute. Voeg nou die waterblommetjies en die aartappels by, geur met sout en stoom vir nog 10 minute. Roer versigtig deurmekaar en plaas oor in opdienbak.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete







Geskuif deur Alta