

SOET BBQ VARK
2 eetlepels olie
8 vark tjops
½ koppie suiker
½ koppie gekerfde uie
½ koppie elk van tamatiesous, steak house sous (of enige ander sous wat jou man gebruik by die braai)
Franse slaaisous (ek het 60 ml appel asyn en 60 ml Griekse slaaisous gebruik ipv die Franse slaaisous)
Braai vark tot bruin. Braai uie tot bruin. Meng al die bestanddele en gooi oor vark in ‘n oondvaste bak en bak tot gaar en sous dik is. Bedien sous saam met kapokaartappels.
Resep: Martie Marx Cox






