

MIELIE BREAD ALA JENNIFER
Ingredients
3 cups fresh corn on the cob (not cooked) (I used sweet corn, as we don’t get white corn in the UK)
1 cup plain Flour
¾ cup mealie meel
2 tsp baking powder
½ tsp bicarbonate of soda
2 Tablespoons sugar
¾ tsp salt
½ cup sour cream (115 grams)
1/2 cup (120mls) milk.
2 x large eggs
1 tsp smoked paprika (optional) 80 grams unsalted butter melted. Continue reading
Category Archives: Mielies & Mieliemeel/ Mealies & Maize
CHARMAINE SE MIELIEMEEL BROOD OF MUFFINS


CHARMAINE SE MIELIEMEEL BROOD OF MUFFINS
60g gesmelte botter
200ml mieliemeel
200ml koekmeel
15ml suiker
15ml bakpoeier
5ml sout
2 eiers
375ml karringmelk Continue reading
BERNS SE MIELIE EN BOONTJIE GEREG


BERNS SE MIELIE EN BOONTJIE GEREG
270 g (350 ml) stampmielies
200 g (250 ml) suikerbone
15 ml (1 e) olyfolie
500 g stowe lamsvleis, oortollige vet verwyder en in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
2-3 knoffelhuisies, gekneus
15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie or orego
25 ml (5 t) gekapte vars pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
gemmer opsioneel Continue reading
MARINA SE PAP BURGERS


MARINA SE PAP BURGERS
My man se nuutste idee is pap-burgers.
Ek maak die pap net so dat dit lekker kan stol, dan word dit in ‘n plat bak gegooi, gelyk gesmeer en in die yskas geplaas tot dit heeltemal afgekoel het.
Nou word dit in blokke gesny en elkeen afsonderlik in kleefplastiek toe gedraai en gevries.
Braai ons vleisie word die pap ontdooi en ook warm gemaak op die rooster, maak ons ontbyt word dit vinnig in die pan gebraai saam met eiers en spek ens, dit word opgestapel en skyfie waatlemoen of vars vrugte by.
Geen brood.
Werk baie lekker vir ons twee.
Hierdie pap word op enige manier bedien, en geniet. Gewoonlik ook net groot genoeg porsie!
Resep: Marina van Aswegen
MARIETJIE SE MIELIEPAP TERTJIES


MARIETJIE SE MIELIEPAP TERTJIES
Maak pap met 4 koppies water, 1 teelepel sout en 4 koppies meel.
Laat water eers kook en roer meel by. Roer aanhoudend tot pap kook. Stel plaat laer en laat stadig gaar kook. Ek proe maar wanneer dit gaar is. Spuit muffinpanne van jou keuse met kleef vrye sproei. Skep lepels vol gaar pap in die panne en druk dit soos n tert doppie. Pasop vir te dun. Laat afkoel sommer op bak met ys. Haal doppies uit panne en plaas in oond vaste bak.
Maak nou vulsel van die volgende:
1 blikkie bully beef
1 blikkie cream style sweetcorn
1 blikkie tamatie en uie
gooi sout, peper en mixed herbs, by
Ek gooi sommer bietjie peri-peri sous en braai sous ook by.
Verdik met bietjie maizina as te loperig. Skep lepels vol in jou pap bakkies, strooi gerasperde kaas oor en sit in oond tot kaas smelt. As jy dit wil vries, los net die kaas uit. Vries baie goed.
Dis sommer my eie konkoksie wat ek saamgooi.
FOTO EN RESEP: Marietjie van der Merwe
MIKROGOLF KRUMMELPAP
STAMPMIELIE GEREG MET SPEK
STAMPMIELIE GEREG MET SPEK
Gaar stamp so 2 koppie of meer
1 koppie mayonnaise
1 koppie room
1 pakkie bruinuie sop poeier
1 pakkie gebraaide spek
1 pakkie gebraaide mushrooms
1 ui gebraai
1 koppie kaas
Meng alles met stampmielies en bak 180 C vir 30 min!!
HEERLIK HEERLIK!
BRON: Fiona Viljoen
FOTO: Benhet Nieuwenhuis
LEKKERSTE MIELIETERT MET BACON
BENHET SE GEBRAAIDE PAP BALLE
BENHET SE GEBRAAIDE PAP BALLE
My weergawe van die gebraaide pap balle!
BESTANDELE/METODE
Left over pap (van vanoggend )
Gebraai bacon en ui
Pietersielie en kaas
Chilli aromat spice!
Meng alles en vorm balle rol in meel en laat in yskas vir n ruk! Rol in geklits eier en diep braai!!!
As uit kom uit olie Sprinkel aromat oor!!
Lekker!!!!
BRON/FOTO: Benhet Nieuwenhuis
PAP EN BOEREWORS PIZZA
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min
Gaarmaak: 25 – 30 min
500 ml (2 koppies) mieliepap
1 x 410 g-blik chakalaka
250 g boerewors, gaar en in stukkies gesny
100 g gerasperde Mozzarella of Cheddar Continue reading






