

MARINA SE PAP BURGERS
My man se nuutste idee is pap-burgers.
Ek maak die pap net so dat dit lekker kan stol, dan word dit in ‘n plat bak gegooi, gelyk gesmeer en in die yskas geplaas tot dit heeltemal afgekoel het.
Nou word dit in blokke gesny en elkeen afsonderlik in kleefplastiek toe gedraai en gevries.
Braai ons vleisie word die pap ontdooi en ook warm gemaak op die rooster, maak ons ontbyt word dit vinnig in die pan gebraai saam met eiers en spek ens, dit word opgestapel en skyfie waatlemoen of vars vrugte by.
Geen brood.
Werk baie lekker vir ons twee.
Hierdie pap word op enige manier bedien, en geniet. Gewoonlik ook net groot genoeg porsie!
Resep: Marina van Aswegen






