MIELIE BREAD ALA JENNIFER

MIELIE BREAD ALA JENNIFERtested
MIELIE BREAD ALA JENNIFER
Ingredients
3 cups fresh corn on the cob (not cooked) (I used sweet corn, as we don’t get white corn in the UK)
1 cup plain Flour
¾ cup mealie meel
2 tsp baking powder
½ tsp bicarbonate of soda
2 Tablespoons sugar
¾ tsp salt
½ cup sour cream (115 grams)
1/2 cup (120mls) milk.
2 x large eggs
1 tsp smoked paprika (optional) 80 grams unsalted butter melted.

Method
Preheat the oven to 350 deg F (170 C). butter and flour a cake pan and set aside.
Remove husk from corn and using a sharp knife, cut the kernels from the cob from top to bottom and place in a large bowl.
Using a food processor or blender, pulse the corn, as it is, until coarsely ground. Youu don’t want to puree the corn.
In a bowl, whisk together the flour, mealie meel, baking powder, bicarb of soda, sugar, smoked paprika and salt.
Whisk in, sour cream, milk and lightly beaten eggs until well combined.
Then add corn mixture and melted butter. Pour batter into prepared tin. Bake for about 40 minutes or until toothpick inserted comes out clean. Take out of oven and let it lie in the tin until cool. This will make it moister.
SOURCE – Jennifer Weir




CHARMAINE SE MIELIEMEEL BROOD OF MUFFINS

mieliemeel broodjie charmainetested

CHARMAINE SE MIELIEMEEL BROOD OF MUFFINS

60g gesmelte botter
200ml mieliemeel
200ml koekmeel
15ml suiker
15ml bakpoeier
5ml sout
2 eiers
375ml karringmelk
Meng mieliemeel koekmeel,suiker,bakpoeier en sout saam. Meng karringmelk, eiers en gesmelte botter saam. Meng nou karringmelk mengsel by meel mengsel. Gooi mengsel in brood pan of muffin pannetjie en bak vir so 20 tot 25 min by 180 grade. Laat 10min afkoel voor jy die broodjie uit die pan uithaal. As jy muffin pan gebruik het maak holte in broodjie en skep vleis in

Foto en resep:  Charmaine Van Staden




BERNS SE MIELIE EN BOONTJIE GEREG

12695017_1143027209075331_7992283567231962447_o
BERNS SE MIELIE EN BOONTJIE GEREG
270 g (350 ml) stampmielies
200 g (250 ml) suikerbone
15 ml (1 e) olyfolie
500 g stowe lamsvleis, oortollige vet verwyder en in blokkies gesny
1 groot ui, gekap
2-3 knoffelhuisies, gekneus
15 ml (1 e) gedroogde gemengde kruie or orego
25 ml (5 t) gekapte vars pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
gemmer opsioneel
Bedek stampmielies en bone met genoeg koue water en week oornag. Dreineer goed. Kook in aparte kastrol tot sag.
Verhit olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.
Braai ui, knoffel, gemmer tot ‘n lekker bruin en sag. Voeg vleis by en braai tot lekker goudbruin.
Voeg kruie by en geur na smaak met sout en peper.
Roer stampmielies en bone by kastrol met vleis.
Verlaag hitte en prut met ‘n deksel vir ±30min vir stampmielies en bone om geur te deurtrek.
Laat gereg 10-15min afkoel voor bedien.
Foto en resep: Berns Hofmeester Ankiah




MARINA SE PAP BURGERS

 

FLR BB be the first to give us a photo!!tested

MARINA SE PAP BURGERS

My man se nuutste idee is pap-burgers.
Ek maak die pap net so dat dit lekker kan stol, dan word dit in ‘n plat bak gegooi, gelyk gesmeer en in die yskas geplaas tot dit heeltemal afgekoel het.
Nou word dit in blokke gesny en elkeen afsonderlik in kleefplastiek toe gedraai en gevries.
Braai ons vleisie word die pap ontdooi en ook warm gemaak op die rooster, maak ons ontbyt word dit vinnig in die pan gebraai saam met eiers en spek ens, dit word opgestapel en skyfie waatlemoen of vars vrugte by.
Geen brood.
Werk baie lekker vir ons twee.
Hierdie pap word op enige manier bedien, en geniet. Gewoonlik ook net groot genoeg porsie!

Resep:  Marina van Aswegen




MARIETJIE SE MIELIEPAP TERTJIES

marietjie se mieliepap tertjiestested

MARIETJIE SE MIELIEPAP TERTJIES

Maak pap met 4 koppies water, 1 teelepel sout en 4 koppies meel.
Laat water eers kook en roer meel by. Roer aanhoudend tot pap kook. Stel plaat laer en laat stadig gaar kook. Ek proe maar wanneer dit gaar is. Spuit muffinpanne van jou keuse met kleef vrye sproei. Skep lepels vol gaar pap in die panne en druk dit soos n tert doppie. Pasop vir te dun. Laat afkoel sommer op bak met ys. Haal doppies uit panne en plaas in oond vaste bak.
Maak nou vulsel van die volgende:
1 blikkie bully beef
1 blikkie cream style sweetcorn
1 blikkie tamatie en uie
gooi sout, peper en mixed herbs, by
Ek gooi sommer bietjie peri-peri sous en braai sous ook by.
Verdik met bietjie maizina as te loperig. Skep lepels vol in jou pap bakkies, strooi gerasperde kaas oor en sit in oond tot kaas smelt. As jy dit wil vries, los net die kaas uit. Vries baie goed.
Dis sommer my eie konkoksie wat ek saamgooi.

FOTO EN RESEP: Marietjie van der Merwe




MIKROGOLF KRUMMELPAP

2015-11-30-12308126_10153197366101889_2600287376644384518_otested
MIKROGOLF KRUMMELPAP
1 koppie kookwater
2 koppies braai pap mieliemeel
1 koppie polenta
sout
Plaas alles in ‘n mikrogolf bak
Mikrogolf vir 3 minute @ 100%  krag, 10 minute op 30%.
Roer kort kort.

Foto en resep: Petro Borchard (lid)




STAMPMIELIE GEREG MET SPEK

2015-11-15-stampmieliegeregtested

STAMPMIELIE GEREG MET SPEK
Gaar stamp so 2 koppie of meer
1 koppie mayonnaise
1 koppie room
1 pakkie bruinuie sop poeier
1 pakkie gebraaide spek
1 pakkie gebraaide mushrooms
1 ui gebraai
1 koppie kaas

Meng alles met stampmielies en bak 180 C vir 30 min!!
HEERLIK HEERLIK!
BRON: Fiona Viljoen
FOTO: Benhet Nieuwenhuis




LEKKERSTE MIELIETERT MET BACON

2015-11-06-lekkerstemielietertmetbacontested

LEKKERSTE MIELIETERT MET BACON
SOURCE: Amke Fourie
PHOTO: Janka Nagel
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikkies creamy sweetcorn
60 ml suiker
60 ml gesmelte botter
4 eiers
15 ml bakpoeier
1 pakkie spek, gaar
60 ml koekmeelblom

Meng alles saam en bak vir 40 min teen 180°C en geniet!




BENHET SE GEBRAAIDE PAP BALLE

2015-10-25-benhetsegebraaidepapballetested

BENHET SE GEBRAAIDE PAP BALLE

My weergawe van die gebraaide pap balle!

BESTANDELE/METODE
Left over pap (van vanoggend )
Gebraai bacon en ui
Pietersielie en kaas
Chilli aromat spice!
Meng alles en vorm balle rol in meel en laat in yskas vir n ruk! Rol in geklits eier en diep braai!!!
As uit kom uit olie Sprinkel aromat oor!!
Lekker!!!!

BRON/FOTO: Benhet Nieuwenhuis




PAP EN BOEREWORS PIZZA

pap en wors pizzatested
PAP EN BOEREWORS PIZZA

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min
Gaarmaak: 25 – 30 min

500 ml (2 koppies) mieliepap
1 x 410 g-blik chakalaka
250 g boerewors, gaar en in stukkies gesny
100 g gerasperde Mozzarella of Cheddar

Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n bakplaat van 5 cm diep of koekpan met kossproei.

Berei die pap volgens die aanwysings op die verpakking.
Druk vas in die bereide bakplaat of koekpan.
Smeer die chakalaka bo-op en versprei die boerewors bo-oor.
Sprinkel die kaas oor. Rooster 5 – 10 min of tot die kaas gesmelt is en dit begin verkleur.
Sny in porsies, sprinkel ’n bietjie pietersielie oor en sit voor.

My weergawe van die pap en wors pizza het tamatiesous en chutney gebruik ipv die chakalaka en bietjie uie oor gestrooi voor ek die wors op gesit het, was heerlik!

Resep geplaas deur Jeantelle Fourie Lombard
Foto:   Jeantelle Fourie Lombard