GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min
Gaarmaak: 25 – 30 min
500 ml (2 koppies) mieliepap
1 x 410 g-blik chakalaka
250 g boerewors, gaar en in stukkies gesny
100 g gerasperde Mozzarella of Cheddar
Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n bakplaat van 5 cm diep of koekpan met kossproei.
Berei die pap volgens die aanwysings op die verpakking.
Druk vas in die bereide bakplaat of koekpan.
Smeer die chakalaka bo-op en versprei die boerewors bo-oor.
Sprinkel die kaas oor. Rooster 5 – 10 min of tot die kaas gesmelt is en dit begin verkleur.
Sny in porsies, sprinkel ’n bietjie pietersielie oor en sit voor.
My weergawe van die pap en wors pizza het tamatiesous en chutney gebruik ipv die chakalaka en bietjie uie oor gestrooi voor ek die wors op gesit het, was heerlik!
Resep geplaas deur Jeantelle Fourie Lombard
Foto: Jeantelle Fourie Lombard