


KORSLOSE GROENTEGEREG
500 g gemengde groente (gevriesde groente sal ook werk)
1 ui gekap
5 repe spekvleis, gesnipper
250 ml gerasperde kaas
125 ml olie
2 eiers, geklop
1 blik pitmielies, gedreineer
125 ml melk
sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele saam. Skep in ‘n vuurvaste oond bak 200 mm. Bak sowat 45 min in voorverhitte oond by 180°C. Sit warm of koud voor met braaivleis. Werk ook lekker as ‘n groente by ete.
1ste foto: Martha Coetzee – Vandag probeer! Dankie vir resep dis heerlik!
2de Foto: Meisie Van Der Colff







Submitted nuwe blog.
Joey Kotze
Ek het die groente tert gemaak verseker n wenner
Meisie Van Der Colff
Ek maak die resep gereeld as ek gaste het met 1kg country crop. heerlik en groot wenner.