
ELSIE SE KOLWYNTJIES
Lewer 24 kolwyntjies
Klits saam tot lig en donsig:
4 ekstra groot eiers
1 ¾ koppie suiker
5 ml vanilla geursel
Sif saam en meng met die suikermengsel:
2 koppies koekmeel
10 ml bakpoeier
¼ teelepel sout
Voeg die volgende by en meng goed:
1 koppie warm water (nie kook water)
½ koppie kookolie
Spuit kolwyntjie papierkoppies liggies met kleefwerende kossproei en skep ¾ vol beslag.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 160ºC – 180ºC vir 12 – 14 min tot gaar en ligbruin.
Versiersel:
250 g wit “Woodenspoon” margarien
2 – 3 eetlepels suurlemoensap
4 koppies gesifte versiersuiker
Klits die margarine goed, voeg res van die bestanddele by en klits goed.
Kleur die versiersel na jou eie keuse of gebruik net so.
Nota – Ek gebruik “Lavender” sprinkels want die “Violet” is te donker en meer blou. Die kleursel wat ek gebruik se kleur is “Orchid Maauve” wat ‘n poeierkleursel is van Rolkem. Die twee kleure is perfek vir my. Onthou as jy die poeierkleursel gebruik, moet jy die versiersel so ‘n halfuur laat staan, want dit verdonker na ‘n ruk.
Resep en foto: Elsie Slabbert






