PETRE SE LEKKER VRUGTEKOEK
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
1,3 kg vrugtekoekmengsel
400 g rooi glanskersies
250g ontpitte dadels grof gekap
250 g gemengde neute
1 flessie groenvye gekap
15 groterige stukke maketaan fyn gekap
1 koppie bosbessies (cranberries)
250 ml brandewyn
500 g botter
500 ml sagte bruinsuiker
10 ekstra groot eiers
10 ml vanilla geursel
10 ml karamelgeursel
60 ml lemoenmarmelade
4 koppies ml koekmeel
2 ml sout
5 ml neutmuskaat
10 ml fyn kaneel
10 ml gemengde speserye
10 ml fyn gemmer
125 ml brandewyn vir agterna oorsit
Meng al die vrugte met 1 koppie brandewyn en laat week oornag
Voer 2 vierkantige 20cm-koekpanne met 2 lae waspapier en 2 lae bruinpapier ( ek sit nog tinfoil ook tussenin. Spuit of smeer goed en hou eenkant.
Klop die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers een-vir-een by en klop goed na elke byvoeging. ( Ek voeg ‘n teelepel koekmeel met elke eier se toevoeging by … Dit help dat die mengsel nie skif nie). Voeg die geursels en marmelade by.
Sif die meel, sout en die speserye saam. Voeg die vrugte by die droë bestanddele en meng goed sodat al die vrugte met dit bedek is. Voeg dan die bottermengsel by en meng goed. Skep die beslag in die gesmeerde panne en bak ongeveer 2 ¼ ure in voorverhitte oond by 140ºC. Giet 125 ml brandewyn dadelik oor elke koek sodra dit uit die oond kom. Laat die koeke heeltemal in die panne afkoel.
Beslag 1 en ‘n half keer aangemaak

Voorbereiding van die panne

Foto: Petro Kloppers










geskuif