

EINDE VAN DIE MAAND MAALVLEISGEREG
Hierdie is nie soveel ‘n resep as net ‘n idee nie. Dis vir daardie dae wat jy inkopies gedoen het en wonder wat om met al die bietjies – bietjies te maak wat oorgebly het in die vrieskas en iets maklik wil voorberei. In die mengsel van my is daar:
2 koppies bevrore blomkool
2 koppies bevrore groenboontjies
1 koppie bevrore ertjies
1 koppie bevrore mielies
1 kg maalvleis
1 groot rooi ui (gekap)
2 toontjies knoffel (gekap)
200 g Cheddar kaas
4 eiers
500 ml melk
2 pakkies “3 Cheese Pasta Sauce” (onaangemaak) Continue reading












