

EINDE VAN DIE MAAND MAALVLEISGEREG
Hierdie is nie soveel ‘n resep as net ‘n idee nie. Dis vir daardie dae wat jy inkopies gedoen het en wonder wat om met al die bietjies – bietjies te maak wat oorgebly het in die vrieskas en iets maklik wil voorberei. In die mengsel van my is daar:
2 koppies bevrore blomkool
2 koppies bevrore groenboontjies
1 koppie bevrore ertjies
1 koppie bevrore mielies
1 kg maalvleis
1 groot rooi ui (gekap)
2 toontjies knoffel (gekap)
200 g Cheddar kaas
4 eiers
500 ml melk
2 pakkies “3 Cheese Pasta Sauce” (onaangemaak)
Spuit groot oondpan met Spray ‘n Cook.
Laat groente eers ontdooi in ‘n vergiettes sodat oortollige vloeistof kan afdrup. Pak dit dan in lae in pan. Sprinkel met sout, peper en origanum. Volgende kom die gekapte uie en knoffel. En heel laaste die maalvleis. Sprinkel maalvleis met speserye (ek het sommer Ina Paarman se vleis speserye gebruik). Rasper kaas bo-oor. Meng eiers, melk en Pastasous saam.
Skep bo-oor alles. Bak teen 180ºC vir ongeveer 45 min.
Ek het toe heuning met net ‘n titseltjie appel asyn gemeng en op bord gedrup, net vir ‘n interesante smakie.
Foto en resep geplaas deur Elizabeth Margaret Hendrikz






