Gebruik ‘n bak van 25 cm in deursnee in 6 cm diep.
Sny die uie in fyn stukkies en braai dit dan saam met dit botter op 100 % krag oop in die bak vir 4 minute. Roer deeglik na 2 minute.
Roer nou die kerriepoeier, borrie, sout en suurlemoensap by.
Voeg nou die maalvleis by en roer liggies met ‘n tweetandvurk in die mengsel tot goed gemeng.
Bedek nou die bak en plaas in mikro vir 5 minute op 100 %.
Roer nou goed om dit los te maak.
Roer nou die broodkrummels, blatjang en witwyn by. Bedek en kook vir 10 minute by 70 % krag.
Laat dit nou vir ‘n rukkie afkoel
Smeer nou die fyn appelkooskonfyt oor die mengsel. Klits in ‘n aparte bak die melk en eiers tot gemeng en gooi bo-oor die mengsel.
Kook dit nou OOP op 50 % krag vir 25 minute totdat eiergeel gestol het.
Bedien die bobotie louerig met geel rosyntjierys.
Drink die res van die bottle wyn uit. (lol)
Resep geplaas deur Chris Agenbag







