Grill die lamstjops op oop vlam. Kwas met bietjie olyfolie. Sprinkel growwe of fyn swartpeper. Kwas verder met fyn knoffel in olie. Moenie knoffel te vroeg opsit. Knoffel kan brand en bitter word. Laastens effens growwe sout. Ek berei die meeste van my kos met minimale sout, soms niks.
Fanie Smit