

VET FRIKKIE BALLETJIES
(kombinasie van vetkoek met frikkadelletjie is)
1 kg gemaalde maer beesvleis
250 ml rou harwermout
50 ml sagte broodkrummels
50 ml wit asyn
4 geklitste eiers
1 groot aatappel grof gerasper
15 ml sout
5 ml vam elk van die volgende
koljander, neutmuskaat en wonderpeper
2 ml peper
Sonneblom olie vir diepbraai
Meng al die bestanddele behalwe natuurlik die olie
Vorm die mengsel in frikkadelletjies ± 25 ml vir elke frikkadelletjie
Bak die frikkadelletjies in warm diep olie tot gaar.
Dreineer op papierhandoek en laat heeltemal koud word
VETKOEK
250 ml sterk lou melk
250 ml sterk lou water
50 ml margarien
25 ml suiker
1 Eier
850 g / 1600 ml koekmeelblom
10 g kits droë gis
5 ml sout
Sonneblom olie vir diepbraai
Meng die melk, water, smeer en suiker
Klits die eier by wanneer die smeer gesmelt het
Meng die meel, gis en sout
Voeg die eiermengsel by en knie tot ‘n gladde elastiese deeg. ( knie nog koekmeel by as deeg te slap is en nog lou warm water indien te styf)
Plaas deeg in ‘n groot mengbak wat mildelik met sonneblomolie gesmeer is
Draai deeg om sodat die gesmeerde kant bo is
Bedek die bak en laat die deeg op ‘n warm plek rys tot dubbel die oorspronklike grootte.
Knie die deeg af en rol ± 1 cm dik op ‘n meelbestrooide deegplank uit.
Sny dit in vierkante van 6 x 6 cm
Rek die deeg vierkant effens uit totdat dit om die frikkadelletjie kan toevou
Druk die randte mooi styf toe, dit moet lyk soos ‘n golf balletjie
Verhit olie tot taamlik warm en bak 2-3 balletjies op ‘n keer in die olie, draai gereeld om sodat dit ewe vinnig rondom bak
Bak tot gaar en goudbruin
Dreineer op handdoekpapier
Lewer ± 60 balletjies en kan warm of koud geeet word






