LEMOENPOEDING OP DIE VUUR
Ek is nie ‘n kampmens nie en eet sommer “Icecream vir poerring” maar dalkies sal iemand wat gereeld die potjies uithaal hierdie een waardeer.
Maak eers die sous in ‘n diep 3-poot pot op die vuur.
Sous:
250 ml suiker
375 ml water, hou warm
37 ml (3 eetlepels) botter
12.5 ml (1 eetlepel) suurlemoensap
1.5 ml (¼ teelepel) sout
Meng en bring tot kookpunt.
Beslag:
1½ koppie (375 ml) meelblom
2½ teelepel (12.5 ml) bakpoeier
½k koppie (125ml) melk
½ koppie (125ml) margarien
½ teelepel (2 ml) sout
½ koppie (125 ml) suiker
1 geklitste eier
1 eetlepel (12,5 ml) marmelade
Klop suiker, eier en margarien tot romerig. Voeg marmelade by. Sif droë bestanddele saam en maak aan met melk. Skep beslag in warm stroop, plaas deksel op en laatstadig prut vir 1½uur, of tot gaar. Trek potjie effens weg van direkte hitte, maar plaas ‘n paar kooltjies op die deksel en sorg dat daar gedurig genoeg kole rondom die potjie is. Moet nie die deksel afhaal tydens die bakproses nie, anders sal die poeding platval.
Resep geplaas deur Johan Snyder