

BURGER-DOG OP DIE KOLE
Hoeveelhede volgens die hoeveelheid mense jy gaan bedien.
maalvleis
bacon
kaas
broodrolletjies
Neem ongeveer 500 g maalvleis en geur dit met sout, peper en knoffel, of soos jy verkies. Meng dit deeglik met die hand en neem dan een deel, so groot as wat jy wil en druk dit uit in ‘n dikkerige plat skyf. Plaas ‘n skyf kaas daaroor en bedek dit met nog ‘n platgedrukte skyf maalvleis. Vorm dit in ‘n rolletjie en rol dit verder toe in repe bacon.
Braai oor medium kole vir ongeveer 10 tot 15 minute per kant tot die kaas begin smelt en die bacon goud bruin en bros raak.
Plaas die gaar vleis rolletjie op ‘n broodrol en sit bo op ‘n mengsel van fyn avokado en plein Griekse jogurt, fyngekapte uie en tamatie, blaarslaai en gerasperde kaas, of enige bolaag van jou keuse.
Morsige ete, maar heerlik.
Resep geplaas deur Lené Samantha Webb
Foto’s Lené Samantha Webb







Geskuif