



LOUISE SE LAMSKENKEL POTJIE
Omtrent 1.5 kg lamskenkels
goeie rooiwyn
1 groot ui, gesny
2 – 3 huisies knoffel, fyngemaak
vars kruie, na smaak
klein aartappeltjies
gemengde vars groente, na smaak
geurmiddels: Ina Paarman Seasoned salt en Garlic & Herb
Bisto of sopmengsel
Braai eers die skenkels mooi goudbruin in olie of botter, nie alles op een slag nie.
Verwyder uit pot en hou eenkant.
Braai dan een gesnyde ui en knoffel na smaak in jou warm pot.
Voeg vleis by, ‘n skeut goeie rooiwyn, en ‘n takkie vars roosmaryn en geurmiddels. Ek het Ina Paarman se Seasoned salt en Garlic & Herb gebruik.
Prut stadig vir omtrent ‘n uur.
Voeg baba aartappeltjies by en prut vir nog ‘n halfuur of tot aartappeltjies amper sag is.
Nou kom die groente by.
Ek het klaargesnyde groente gebruik, die “roast mix”, dis ideaal vir ‘n potjie. Sny baie groot stukke bietjie kleiner. Voeg sout by asook nog vars kruie. Ek het roosmaryn, tiemie en basil uit die tuin gebruik.
Verhoog die hitte en kook vir omtrent nog ‘n halfuur of tot groente net sag is. Moenie die groente pap kook nie.
As alles gaar is kan jy n bietjie Bisto met omtrent n koppie water meng en deurkook. Proe of nog sout moet bykom.
Bedien op rys of mash.
Resep: Louise Groenewald
Fotos: Louise Groenewald
Notas:
Die beste potjie het die minste bestanddele in. Jy moet die vleis en groente kan proe en alles moenie pap gekook wees nie.
Vermy ‘n groot verskeidenheid geurmiddels en souse.
Voeg slegs ‘n baie klein bietjie vloeistof by terwyl pot kook slegs as dit absoluut nodig is.






