LEMOENPOEDING OP DIE VUUR


LEMOENPOEDING OP DIE VUUR
Ek is nie ‘n kampmens nie en eet sommer “Icecream vir poerring” maar dalkies sal iemand wat gereeld die potjies uithaal hierdie een waardeer.
Maak eers die sous in ‘n diep 3-poot pot op die vuur.
Sous:
250 ml suiker
375 ml water, hou warm
37 ml (3 eetlepels) botter
12.5 ml (1 eetlepel) suurlemoensap
1.5 ml (¼ teelepel) sout
Meng en bring tot kookpunt.

Beslag:
1½ koppie (375 ml) meelblom
2½ teelepel (12.5 ml) bakpoeier
½k koppie (125ml) melk
½ koppie (125ml) margarien
½ teelepel (2 ml) sout
½ koppie (125 ml) suiker
1 geklitste eier
1 eetlepel (12,5 ml) marmelade

Klop suiker, eier en margarien tot romerig. Voeg marmelade by. Sif droë bestanddele saam en maak aan met melk. Skep beslag in warm stroop, plaas deksel op en laatstadig prut vir 1½uur, of tot gaar. Trek potjie effens weg van direkte hitte, maar plaas ‘n paar kooltjies op die deksel en sorg dat daar gedurig genoeg kole rondom die potjie is. Moet nie die deksel afhaal tydens die bakproses nie, anders sal die poeding platval.
Resep geplaas deur Johan Snyder




TUISGEMAAKTE MELKPOTBROOD EN VETKOEK


TUISGEMAAKTE MELKPOTBROOD EN VETKOEK
9 koppies koekmeel
1 pakkie droë gis
1 liter louwarm melk
3 eetllepels suiker
1 teelepel sout

Meng droë bestanddele saam.
Gooi louwarm melk en knie todat deeg van jou hande af is en deurgemeng.
Laat rys tot dubbel die grootte.
Knie af, sit in gesmeerde ysterpot en laat rys weer en bak oor matige kole tot goudbruin en gaar.
As jy daarop klop moet dit hol klink.
Sodra brood gaar is, smeer met gesoute plaasbotter.
Vit vetkoek kan jy net die vetkoeke vorm na die eerste rys en neersit om weer te rys en dan in warm olie bak.
Foto: Leandrie Potgieter




BURGER-DOG OP DIE KOLE

BURGER-DOG OP DIE KOLE
Hoeveelhede volgens die hoeveelheid mense jy gaan bedien.
maalvleis
bacon
kaas
broodrolletjies

Neem ongeveer 500 g maalvleis en geur dit met sout, peper en knoffel, of soos jy verkies. Meng dit deeglik met die hand en neem dan een deel, so groot as wat jy wil en druk dit uit in ‘n dikkerige plat skyf. Plaas ‘n skyf kaas daaroor en bedek dit met nog ‘n platgedrukte skyf maalvleis. Vorm dit in ‘n rolletjie en rol dit verder toe in repe bacon.

Braai oor medium kole vir ongeveer 10 tot 15 minute per kant tot die kaas begin smelt en die bacon goud bruin en bros raak.
Plaas die gaar vleis rolletjie op ‘n broodrol en sit bo op  ‘n mengsel van fyn avokado en plein Griekse jogurt, fyngekapte uie en tamatie, blaarslaai en gerasperde kaas, of enige bolaag van jou keuse.
Morsige ete, maar heerlik.
Resep geplaas deur Lené Samantha Webb
Foto’s Lené Samantha Webb




GIDEON SE MAALVLEISROL

GIDEON SE MAALVLEISROL
Vroulief het vir aandete hierdie maalvleisrol gemaak en was heeerlik
Deeg:
275 g koekmeel, ongesif (2 koppies)
10 ml bakpoeier
5 ml suiker
2 ml sout
50 g gerasperde kaas
125 ml sonneblomolie
125 ml melk

Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam.
Voeg die kaas by en meng.Klits die melk en olie saam en voeg by en meng goed tot ‘n sagte deeg.
Rol die deeg op ‘n meelbasis uit in ‘n reghoek van 40 x 30 cm.
Plaas die maalvleismengsel (hier onder) op die deeg en rol dit toe en druk die punte goed toe.
Plaas in ‘n oondvaste bak wat gespuit is met spray en cook.
Smeer die bolaag met geklitste eier en sny klein snytjies al op die rugkant.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir 40 min tot goudbruin.

Maalvleis:
1 kg maalvleis, selfgemaakte
1 groot ui, fyn gekerf
½ koppie tamatiesous
¼ koppie balsamiese asyn
1 teelepel rissievlokkies
1 teelepel knoffelflokkies
1 eetlepel suiker
sout en peper na smaak

Smoor die uie en maalvleis saam en voeg die ander bestanddele by, meng goed deur en volg die metode soos bo om die rol te maak
Foto en Resep: Gideon Louw
Foto 2:  Al verskil tussen die resep wat ek plaas en wat ek vanaand gedoen het is dat ek dit in my varkie oond en in klein pannetjies gaargemaak het ipv in die elektriese oond – Gideon Louw




PIZZA OP DIE KOLE

PIZZA OP DIE KOLE
Lekker pizza’s op die kole gebraai.
gewone tortilla wraps
basis sous – tamatie pasta en bietjie Worcestersous
Topping:
cherry tamaties
feta
groen vye roomkaas
rocket blare

Smeer basis sous oor pizza’s en pak topping op.
Braai op lou kole vir so 10 minute.
Foto en resep deur Jos Opperman




LIESLAP POTJIE PASTEI

LIESLAP POTJIE PASTEI
1 kg fyn gekerfde lieslapvleis. senings is uit gesny en meeste vette ook
1 teelepel rissievlokkies
1 pakkie sampioensoppoeier
1 teelepel knoffelvlokkies
1 hoenderaftreksel blokkie
1 teelepel witpeper
3 wortels in dun repies gesny
2 uie, fyn gekerf
2 teelepel dijon mostert
2 eetlepels balsamiese asyn
1 eetlepel suiker

Braai die vleis en uie saam vir omtrent ‘n halfuur
Voeg die wortels en mostert en peper, knoffelvlokkies, rissievlokkies. suiker, balsamiese asyn en hoenderaftreksel blokkie by.
Prut alles saam vir omtrent ‘n driekwart uur tot vleis sag is.
Giet dan die deegmengsel oor die vleis.
Sit skerp kole op die deksel van die swartpot se deksel en bak vir omtrent ‘n halfuur tot mooi bruin.

Degie
200 ml koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 eier
1/2 koppie kookolie
1/2 koppie melk
‘n knippie sout

Meng alles saam tot ‘n gladde beslag.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




GIDEON SE GRANADILLAPOEDING

GIDEON SE GRANADILLAPOEDING
Ons het vanaand djeeeeerlik gekuier, Slaai en slaaaai en poering
en die poering wil ek met julle deel want dit was djeeeerlik.
125 ml suiker
60 ml botter
2 eiers, geskei
75 ml koekmeel
300 ml melk
4 uitgedrukte, vars granadillas se moes

Voorverhit jou varkieoond tot 180°C (ek voel met my hand)
Klop die botter en suiker saam tot goed gemeng.
Voeg die eiergele by en meng goed.
Klop meel, melk en granadilla moes by.
Klits eierwitte tot styf en vou liggies in die mengsel in.
Giet in klein pannetjies wat vooraf gespuit is en bak in jou varkie oond vir 30 min.
Bedien saam met suurlemoen gegeurde roomys.
Dit was djjjeeèrlik
Foto: Gideon Louw




LAM SKENKELS IN SWARTPOT

LAM SKENKELS IN SWARTPOT
Mens hoef nie altyd net te braai as mens op vakansie is nie……heerlike lam skenkels op mash gehad vannaand.
1 shank per persoon
2 uie in ringe gesny
2 wortels per persoon in ringetjies gesny
Sout en peper na smaak
2 teelepel knoffel
200ml rooiwyn
2 lourierblare
1 pakkie bruin uie soppoeier aangemaak met n halwe pakkie tomato paste aangemaak met bietjie water.
Mash: vir 4 mense
8 aartappels
Kook sag en druk fyn met 2 eetlepels botter en bietjie melk.
Sout na smaak.

Ek kook my vleis soos wat ek dit sou kook vir potjiekos, nadat jy die skenkels bruin gebraai het in olie met heel growwe uieringe en ń loerierblaar. Gewone sout, peper en knoffel, rooiwyn. Dit kook seker so uur en ‘n half sterk. Dan, wanneer die vleis nog nie heeltemal sag is nie (anders teen die einde kook dit van die been af) gooi ek wortels by. Kook dan so 20-30 minute tot die wortels gaar is.
Voeg dan sous by. Die sous is ‘n mengsel van bruin uiesop, tamatie puree, klein bietjie suiker. Dit moet genoeg lym maak, so ek maak seker daar is nie te veel water op die vleis nie. En bedien op mashed aartapels.
WENK: Gebruik ‘n tang om die shanks te hanteer na dit gekook het anders val dit uitmekaar.
Heerlike gekookte ete in die swartpot terwyl die vuur knetter.
Foto en resep: Rozanne Groenewald




CHOCOLATE AND MARSHMALLOW POTJIE PUDDING


CHOCOLATE AND MARSHMALLOW POTJIE PUDDING
1 Chocolate cake mix, plus ingredients listed on the back of the box
1 Chocolate pudding mix plus 2 cups cold milk
1 cup marshmallows
½ cup white chocolate chips
½ cup chocolate chips

Prepare cake batter according to package directions and pour into greased potjie.
Prepare chocolate pudding mix.
Cover cake mix with marshmallows, then carefully spread pudding mix over marshmallows.
Top evenly with chocolate chips.
Cover and cook for 50 to 60 minutes or until edges are done and pudding is bubbly.
Serve with cream or ice cream.
Recipe and pictures:  Louise Venter




GIDEON SE ASYNPOEDING IN DIE VARKIEOOND

GIDEON SE ASYNPOEDING IN DIE VARKIEOOND
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie koekmeel
Knippie sout
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 ½ eetlepel asyn
1 koppie melk
1 teelepel koeksoda

Klits die eier en suiker tot dit lig en romerig is.
Voeg al die ander bestanddele behalwe die koeksoda en melk by en meng goed.
Los die koeksoda in die melk op en voeg by die ander bestanddele.
Giet die mengsel in foelie pannetjies en bak in die varkie oond vir 35 min.

Sous :
1 koppie suiker
½ koppie kookwater
1 koppie melk
4 eetlepel botter
1 teelepel vanilla geursel

Verhit alles saam tot kookpunt en giet oor die warm poeding.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw