


GIDEON SE MAALVLEISROL
Vroulief het vir aandete hierdie maalvleisrol gemaak en was heeerlik
Deeg:
275 g koekmeel, ongesif (2 koppies)
10 ml bakpoeier
5 ml suiker
2 ml sout
50 g gerasperde kaas
125 ml sonneblomolie
125 ml melk
Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout saam.
Voeg die kaas by en meng.Klits die melk en olie saam en voeg by en meng goed tot ‘n sagte deeg.
Rol die deeg op ‘n meelbasis uit in ‘n reghoek van 40 x 30 cm.
Plaas die maalvleismengsel (hier onder) op die deeg en rol dit toe en druk die punte goed toe.
Plaas in ‘n oondvaste bak wat gespuit is met spray en cook.
Smeer die bolaag met geklitste eier en sny klein snytjies al op die rugkant.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180°C vir 40 min tot goudbruin.
Maalvleis:
1 kg maalvleis, selfgemaakte
1 groot ui, fyn gekerf
½ koppie tamatiesous
¼ koppie balsamiese asyn
1 teelepel rissievlokkies
1 teelepel knoffelflokkies
1 eetlepel suiker
sout en peper na smaak
Smoor die uie en maalvleis saam en voeg die ander bestanddele by, meng goed deur en volg die metode soos bo om die rol te maak
Foto en Resep: Gideon Louw
Foto 2: Al verskil tussen die resep wat ek plaas en wat ek vanaand gedoen het is dat ek dit in my varkie oond en in klein pannetjies gaargemaak het ipv in die elektriese oond – Gideon Louw







Madre Henderson
Het hierdie dis gisteraand gemaak. Mense, dis uit die boonste rakke. Daai degie is so geurig, crispy buite en lekker sag en fluffy binne. Dankie vir die deel Gideon Louw