MELANZANNE ALA PARMIGIANNA
Dit was heerlik!!!!! Uiteindelik is ek ook hier met my eiervrug gereg!! Melanzanne alla Parmigianna. Dit het langer geneem want ek het my tamatie sous met vars tamaties en pasatta gemaak voor die tyd. Dis ‘n eenvoudige resep.
Braai of rooster die eiervrug skywe in olyfolie tot ligbruin en hou eenkant. Maak die tamatie sous: braai uie, knoffel en 1 teelepel gedroogde oregano liggies tot uie deurskynend.
Gooi nou 1 koppie pasatta tamatie sous by en 4-5 vars ryp tamaties waarvan die skille verwyder is (grof opgekap). Prut die sous vir ongeveer halfuur na ‘n uur (as jy te haastig of lui is gebruik geblikte tamaties maar dit moet nog steeds vir ‘n rukkie gekook word om die geur te kry). Continue reading













